ʼn Man is Dinsdag in die hooggeregshof in Kimberley in die Noord-Kaap tot twee keer lewenslange tronkstraf gevonnis vir die ontvoering, verkragting en moord op ʼn vyfjarige meisie.
Alles vir Donderdag 21 Mei 2015
Luister: Nuwe internet TV-kanaal beskikbaar vir troeteldiereienaars
Is jy raadop met Felix se vlooie? Dryf Wagter se alewige gekrappery jou teen die mure uit? Dan moet jy ʼn draai gaan maak by Dieregesondheid TV, ʼn splinternuwe internet TV-kanaal wat troeteldiereienaars bemagtig in die primêre gesondheidsorg van hulle diere.
‘E-tol dieselfde as ʼn dompas’
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) en die departement van vervoer is aan die ontvangkant van ʼn oorvloed kritiek van organisasies, politieke partye en woedende padgebruikers.
Luister: Heuning jaag drome en sê wat hulle wil sê met tweede ritmiese album
Die country-musiekgroep Heuning het pas hulle jongste album, Drome, bekendgestel en aanhangers het onlangs ook die kans gehad om die eerste enkelsnit, “Skree”, se musiekvideo te sien.
Resep: Carike Keuzenkamp se appelnagereg
Carike Keuzenkamp vertel sy het veral van kosmaak gehou toe sy jonger was en het allerhande goed opgetower maar deesdae maak sy net maklike goed. Carike hou ook van Franse kos en sy het ‘n suikertand.
103-jarige sterf ná sy in brandende huis vasgekeer is
ʼn 103-jarige vrou van Noordwes is Woensdagoggend dood toe sy in haar huisie naby Sun City toegesluit was terwyl ʼn brand in haar slaapkamer gewoed het.
Polisie wil oudlede werf
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het ʼn veldtog begin om oudlede terug te werf.
Pastoor en gesin aangeval oor ‘heksery’
Die Limpopo-polisie het Woensdag 17 verdagtes, onder wie twee minderjariges, vir openbare geweld in hegtenis geneem nadat hulle ʼn pastoor en sy gesin in Musina aangeval het weens beweerde heksery.
Man sterf ná been-amputasie
ʼn Man wie se been geamputeer moes word nadat hy in die been geskiet is tydens ʼn rooftog by ʼn lodge in Sodwana, KwaZulu-Natal, is Woensdagmiddag dood.
Gerugte dat Panayiotou se ‘minnares’ swanger is, is ‘absurd’
Christopher Panayiotou, wat beskuldig word van die moord op sy vrou, Jayde, het glo ʼn aan-en-af-verhouding met sy werknemer Chanelle Coutts gehad.
Afgedankte amptenaar kry groot betaaldag ondanks korrupsiebewerings
Die afgedankte finansiële hoof van die KwaZulu-Natalse departement van gesondheid het ʼn uitbetaling van R203 000 van die Gautengse departement van gesondheid ontvang en is nooit aangekla nie al is hy geskors.
LUR: ‘Skool net vir kleinbase gaan nie werk nie’
Die Gautengse departement van onderwys gaan die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) se dringende aansoek om skole se toelatings- en taalbeleid te beskerm, teenstaan.
Twee dood ná treine trompop bots
Twee mense is Woensdag dood in ʼn trompop botsing tussen twee treine tussen Oos-Londen en King William’s Town in die Oos-Kaap.
Resensie: ‘Kyk hoe val die reën’ – Juandré Marais
Gelukkig is daar ’n aantal kunstenaars wat nie noodwendig agter modegiere aanhardloop nie en wat met musiek met integriteit vorendag kom, Juandré Marais is een van hierdie sangers.
Goeie nuus: Plaaskinders kry mobiele biblioteek
Plaaskinders van die Rawsonville-omgewing in die Wes-Kaap het toegang tot 5 000 boeke en rekenaars te danke aan ʼn mobiele biblioteek wat deur wynkelders in die omgewing geskenk is.
Gedagte vir die dag: Bewaar jou hart
Wat by die mond uitkom, kom uit die hart, en dit is die dinge wat die mense onrein maak. (Matt 15:18)