Alles vir Vrydag 22 Mei 2015

Nuuskommentaar: Apartheid, kolonialisme, Jan van Riebeeck en nou “kleinbasie” afgestof

Die Gautengse LUR van onderwys se neerhalende verwysing na “kleinbasies” is nie die eerste en laaste keer waar die regering taal- en kultuurkwessies verdag probeer maak het deur ras op bedenklike wyse daaraan te koppel nie. Die reaksie daarop moet met styl geskied, maar die taalvoorvegters moet ook weet hulle het ’n mandaat om hul kop uit te steek.