Twee vissermanne van Lambertsbaai word vermis nadat hul boot in digte mis omgeslaan het.
Lees meerAlles vir Sondag 24 Mei 2015
‘Beautiful Mind’ wiskundige oorlede
John Nash, die Amerikaanse wiskundige op wie se lewe die rolprent A Beautiful Mind gegrond is, is in ʼn motorongeluk dood.
Petisie vra EU om wit SA’ners te laat terugkeer
Wit Suid-Afrikaners word tans deur etniese suiwering bedreig en moet deur die Europese Unie toegelaat word om na Europa terug te keer, volgens ‘n petisie wat Sondag aanlyn versprei is.
IS maak glo 400 dood in Palmyra
Militante van die Islamitiese Staat (IS) het glo al nagenoeg 400 mense doodgemaak sedert soldate van die terreurgroep die antieke Siriese stad, Palmyra, binnegeval het.
Twee dood, een beseer in tref-en-trap in Pta
Twee mans is Saterdagaand dood en nog een beseer in ʼn tref-en-trap-voorval in Garsfonteinweg in Pretoria.
81 verdagtes in Pta vas
Altesaam 81 verdagtes is oor die naweek in Pretoria in hegtenis geneem op aanklag van verskeie misdade, waaronder dronkbestuur en diefstal.
Renoster gestroop in Noordwes
ʼn Renosterkoei is op ʼn private wildsplaas in Koster in Noordwes vir haar horing doodgemaak.
Vyf maande oue baba, nog 2 dood in ongeluk
Drie mense, waaronder ʼn vyf maande oue babadogtertjie, is dood en drie mense is beseer, nadat ʼn bakkie op die R26 naby Ficksburg in die Vrystaat omgeslaan en verskeie kere gerol het.
Komediant se familielid vermoor
Die familie van die Suid-Afrikaanse komediant Trevor Noah is deur nog ʼn tragedie getref toe Noah se niggie in Greytown, KwaZulu-Natal vermoor is.
Vrou se lyk in riool gevind
ʼn Vrou se liggaam is gevind waar dit in riool dryf in Dutywa in die Oos-Kaap.
Baba Norton-parool: ‘Hoekom moet hulle ʼn tweede kans kry?’
Die familie van baba Jordan Leigh Norton, wat in Junie 2005 grusaam vermoor is, gaan hof toe om die paroolaansoek van twee mans wat tronkstraf uitdien vir die moord teen te staan.
Vierjarige dood, baba beseer in Kaapstad-botsing
ʼn Vierjarige kind is dood en ʼn drie maande oue baba is beseer in ʼn trompop botsing in Kaapstad.
Beurtkrag Sondag toegepas
Eskom het Sondagoggend beurtkrag begin toepas.
Gedagte vir die dag: Kom, almal wat dors het!
Kom, almal wat dors is, kom na die water toe, selfs ook dié wat nie geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom, koop sonder geld en sonder om te betaal, wyn en melk. Waarom betaal julle vir iets wat nie brood is nie, waarom werk julle vir iets wat nie kan versadig nie? Luister aandagtig na My, sodat julle kan eet wat goed is en versadig kan word met die beste wat daar is. (Jes 55:1-2)