ʼn Onskuldige omstander is as ʼn “petroldief” bestempel nadat daar foto’s op sosiale media versprei is van ʼn motorfietsbestuurder wat bloeiend langs die pad gelê het.
Alles vir Maandag 25 Mei 2015
Maggi-noedels is veilig, sê Nestlé
Nestlé SA het Suid-Afrikaanse verbruikers verseker dat hulle steeds Maggi 2 Minute-noedels kan geniet, ondanks bewerings van loodbesmetting in Indië.
Nuuskommentaar: Zuma maak weer Van Riebeeck en Kie. die sondaars
Pres. Jacob Zuma het te lekker gelag vir sy eie “spitsvondigheid” toe hy op Afrikadag gesê het Afrikane het in vrede saamgeleef en baie pret gehad voordat “die ander” opgedaag het. Maar strook dié stelling met die werklikheid? Herman Toerien het in die Afrikageskiedenis gaan delf.
Man sterf, tiener beseer ná mikrovliegtuig in Limpopo neerstort
Wynand Karel Snyders (50) is Sondagoggend dood en ʼn 16-jarige seun, Johannes Snyders, is ernstig beseer nadat die mikrovliegtuig waarmee hulle gevlieg het in Limpopo neergestort het.
Sakeman wat glo vrou vermoor terug in hof
Rameez Patel (28), die sakeman wat daarvan beskuldig word dat hy sy vrou vermoor het, sal Maandag in die Polokwane-landdroshof om borgtog aansoek doen.
Boek: Prooi
Fanie VIljoen is terug met ’n groot knal. Prooi, sy eerste volwasse roman beloof weer om die lesers én die kritici regop te laat sit. Prooi is ’n sielkundige riller wat die leser stadig maar seker in sy verleidelike kloue kry … en voor jy weet, is dit te laat om te ontsnap.
17 vas vir spoed buite Jhb
ʼn 60-jarige man van Bramley is teen 148km/h vasgetrek in ʼn 60km/h-sone, het die Johannesburgse metropolisie gesê.
Tweejarige dood, ses beseer in ongeluk
ʼn Tweejarige meisie is dood en ses mense beseer nadat die motor waarin hulle gery, omgeslaan en verskeie kere gerol het op die R614 naby Wartburg in KwaZulu-Natal.
MTN-inbelsentrum gesluit weens staking
MTN het Sondag sy inbelsentrum gesluit terwyl die staking oor salarisse en bonusse by die maatskappy voortduur.
Gedagte vir die dag: Wanneer jy jou werk verloor
Ek het in U bly glo, selfs toe ek gedink het dit is klaar met my en toe ek in my vertwyfeling besef het: ek kan op geen mens staatmaak nie. Hoe sal ek die Here vergoed vir al sy weldade aan my? (Ps 116:10-12)