Met hierdie album wys Juanita du Plessis weereens waarom sy Suid-Afrika se gewildste sangeres is.
Alles vir Donderdag 28 Mei 2015
Hollywood in My Huis: nie net nog ʼn Afrikaanse romantiese komedie nie
Daar is net ʼn bietjie minder as vyf weke oor voordat die nuwe Afrikaanse romantiese komedie, Hollywood in My Huis, teaters landswyd tref. Esté Meyer Jansen het met Louw Venter, een van die akteurs in die rolprent, gesels.
Vriend bring hulde toe sterf hy óók
Walter de Lange (44) wou sy beste vriend, wat Sondag in ʼn mikrovliegtuig verongeluk het, se nalatenskap vereer, net om ʼn soortgelyke dood te sterf.
Taalgebruik: Mooiweer of mooi weer?
Taaltoffie gee duidelikheid oor die gebruik van “mooiweer” teenoor “mooi weer”
‘Engel’ red student ná ure in wrak
ʼn Jong student van Johannesburg leef danksy ʼn verbyganger wat toevallig op haar afgekom het waar sy al ongeveer vyf uur lank in haar motor in ʼn stroom vasgekeer was.
Louis Heyns se moordenaar gevonnis
Marthinus van der Walt is Donderdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof gevonnis vir die moord op dokter Louis Heyns, ʼn pediater en akademikus van Stellenbosch.
Fifa-omkoopgeld in ‘$10 000-sarsies’ betaal
Hooggeplaaste Suid-Afrikaanse sokker- en regeringsamptenare word daarvan beskuldig dat hulle $10 miljoen omkoopgeld aangebied het om te verseker dat die 2010 Sokkerwêreldbeker in die land gehou word.
SA span toets renosterhorings wat in Mosambiek gevind is
ʼn Taakspan teen renosterstropery in die Krugerwildtuin toets tans DNS-monsters van ʼn groot aantal renosterhorings wat in Mosambiek gevind is om te bepaal of dit die horings is van renosters wat in Suid-Afrika gestroop is.
1 vas ná groep rowers op Pta-polisie losbrand
ʼn Vermeende rower en moordenaar is Dinsdag in Pretoria vasgetrek kort nadat hy en sy makkers op polisiebeamptes losgebrand het.
Skoolkind sterf in busongeluk
ʼn Skoolkind is dood en 45 ander beseer nadat twee busse op die R555 tussen Ohrigstad en Burgersfort gebots het.
Verwoerd-kleinseun verwelkom verwydering van gedenkplaat by US
ʼn Gedenkplaat ter ere van die destydse eerste minister, dr. Hendrik Verwoerd, is Woensdagaand van ʼn gebou by die Universiteit Stellenbosch (US) verwyder.
Boek: 50 dinge wat jy oor die hemel moet weet
Ons wil almal weet wat gebeur met ons wanneer ons doodgaan. Mense vra al hoe meer vrae oor die hemel en weet nie waar om die antwoorde te kry nie.
Foto’s: Joernaliste glo deur metrobeamptes gedreig om nie arrestasie af te neem nie
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) het die beweerde hardhandige hantering van ʼn kameraman en fotograaf deur metropolisiebeamptes ten sterkste veroordeel.
Nuuskommentaar: Fifa-debakel warm patat vir ANC-regering
Daar moet so gou moontlik duidelikheid kom oor wie die Suid-Afrikaners is wat betrek word by aanklagte dat Suid-Afrika Fifa-amptenare omgekoop het om die 2010-wêreldbekertoernooi te kon aanbied. Veral die politieke ontplooiing van Danny Jordaan verg groot haas.
Resep: Smelt-in-die-mond-beesstert
Die resep vir beesstert is Merle van den Berg van Beaconbaai se spogresep.
Man kry tronkstraf ná hy meisie verwurg
Henry Muller (30), ʼn inwoner van die Noord-Kaap, is tot tronkstraf gevonnis nadat hy daaraan skuldig bevind is dat hy sy 20-jarige meisie verwurg het.
Man doodgemaak ná hy glo steel
ʼn 29-jarige man is Woensdag in Durban vermoor nadat hy daarvan beskuldig is dat hy gesteel het.
Dept. sal aanhou veg ná skole-uitspraak
Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, het gesê sy departement is bereid om die saak teen die omskakeling van skole van enkelmedium na parallelmedium tot in die konstitusionele hof te beveg.
‘Parlement is geen kleuterskool,’ sê Zuma aan opposisie
Pres. Jacob Zuma het opposisiepartye Woensdag in die parlement daarvan beskuldig dat hulle in ʼn “parallelle wêreld” leef en ʼn gebrek aan “politieke idees” het.
Gedagte vir die dag: Hartseer se innerlike pyn
Wie met trane saai, sal die oes met gejuig inbring. Al loop hy en huil terwyl hy die saaisak dra, hy kom juigend terug terwyl hy sy gerwe dra. (Ps 126:5-6)