Die polisie in Rustenburg, Noordwes, is op soek na ʼn man genaamd mnr. Moropa wat ʼn paar mense in Rustenburg en omgewing bedrieg het onder die voorwendsel dat hy vir hulle werk het by myne in die omgewing.
Lees meerAlles vir Saterdag 30 Mei 2015
Parys gaan liefde-slotjies afhaal
Die stadsraad in Parys, Frankryk, gaan die slotte wat toeriste op die Pont des Arts-brug vasgemaak het om hul ewige liefde te verklaar, verwyder.
Groot aardbewing naby Japan; geen tsunami-waarskuwing
ʼn Sterk, maar diep aardbewing het Japan se Ogasawara-eilande getref, maar die owerhede het gesê daar is nie ʼn risiko vir ʼn tsunami nie.
Goudhandel-sindikaat in Kempton Park oopgevlek
Die Valke het Saterdag gesê hulle is steeds op soek na ʼn derde verdagte in verband met ʼn onwettige goudmynsindikaat ter waarde van meer as R400 miljoen.
Bekende wildboer sterf in helikopterongeluk
ʼn 50-jarige man is dood en sy 42-jarige vrou en hul 13-jarige seun is beseer nadat ʼn helikopter Saterdagoggend in Delareyville in Noordwes neergestort het.
Moontlike appèl teen Derby-Lewis-uitspraak
Die ministerie van justisie sal ondersoek instel of hy enige gronde het om teen die hooggeregshof se besluit om mediese parool aan Clive Derby-Lewis toe te staan, te appelleer.
Herrie oor ‘ontydige’ huweliksaanbod
ʼn Foto van ʼn huweliksaanbod veroorsaak ʼn herrie op sosiale media omdat dit tydens ʼn ander paartjie se troue gebeur het.
Anti-bende-vergadering in Bonteheuwel beplan
Inwoners van Bonteheuwel vergader Saterdag in Freedom Square in die hartjie van die Kaapse Vlakte met owerhede oor hoe om bendegeweld en skietgevegte te voorkom.
‘n Geskiedenisles vir Zuma, deur prof. TT Cloete
Prof TT Cloete meen pres. Jacob Zuma ken klaarblyklik nie sy geskiedenis nie, en dit is “ʼn skande vir iemand wat die president van ʼn land is”.
Vrou van R20 000 kontant beroof
Drie mans het R20 000 kontant van ʼn vrou in Moruleng buite Rustenburg in Noordwes, gesteel, het die polisie Vrydag gesê.
2 vas oor gesteelde polisievoertuig
Twee mans is in hegtenis geneem nadat vyf gesteelde motors, insluitend ʼn minibus van die polisie, in hul besit gevind is.
Vier vas oor kattebak vol dagga
Vier mans, tussen 26 en 38 jaar oud, is Vrydagoggend buite Kimberley in die Noord-Kaap glo betrap met dagga ter waarde van meer as R200 000.
Gedagte vir die dag: Geen groter voorreg
Die skape luister na die herder se stem. Hy roep sy skape op hulle name en lei hulle uit. (Joh 10:3)