Die VF Plus dien Vrydagmiddag ʼn klag by die polisie in waarin versoek word dat daar ondersoek ingestel word na bewerings van bedrog rakende die 2010-Wêreldbeker-sokkertoernooi.
Alles vir die maand Mei 2015
Foto’s: Vodacom laat Fochville-kliënt rooi sien
Etlike maande nadat ʼn ontevrede Cell C-kliënt ʼn herrie veroorsaak nadat hy ʼn groot advertensiebord in Johannesburg opgerig het om sy ontevredenheid met dié diensverskaffer te beklemtoon, het ʼn inwoner van Fochville in Gauteng die strate ingevaar om aan sy ontevredenheid oor Vodacom uiting te gee.
Hof beslis Derby-Lewis moet op mediese parool vrygelaat word
Die hooggeregshof in Pretoria het gelas dat mediese parool aan Clive Derby-Lewis toegestaan word.
Koue kom; sneeu word verwag
Kapenaars kan solank hul komberse nadertrek vir die yskoue weerstoestande en sneeu wat teen Sondag verwag word.
Resensie: Wonderwerk – Leah
Daantje Dinamiet is oortuig dat Leah een van Afrikaanse musiek se volgende supersterre gaan word.
Redakteursbrief: Aprilgekstories en profetiese joernaliste
“Dis nie die eerste keer dat ʼn Aprilgek-grappie wat op Maroela Media gemaak word, realiseer nie…” skryf Susan Lombaard.
Jongste voorsitter van GHA verkies
Pieter Oosthuizen (27) is as voorsitter van die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans verkies.
Drie vas ná Pta-hawelose in kruisvuur sterf
Drie verdagtes is Vrydag in die vroeë oggendure in hegtenis geneem weens ʼn skietvoorval waartydens Charlene Buys, ʼn hawelose vrou langs haar man in kruisvuur tussen die polisie en drie vermeende rowers in Pretoria doodgeskiet is.
Nkandla: Zuma nie net sonder blaam nie, maar nóg opgraderings kom
Nathi Nhleko, minister van polisie, het Donderdag soos verwag aangekondig dat pres. Jacob Zuma nie hoef te betaal vir opgraderings by sy Nkandla-woning nie. Nhleko het egter voortgegaan deur te sê dat daar dringend nóg veiligheidsverbeterings nodig is.
Man vas vir onwettige vuurwapens
ʼn 48-jarige man van Richardsbaai in KwaZulu-Natal is in hegtenis geneem vir die besit van ses ongelisensieerde vuurwapens nadat polisie ʼn wenk ontvang het.
‘Wittes is erger as Hitler’
Wit Suid-Afrikaners is erger as Hitler. Dit is volgens Mcebo Dlamini, geskorste studenteraadsvoorsitter van die Universiteit van die Witwatersrand.
Video van ‘handsakdief’ wat pakslae kry raak gewild
ʼn Video wat verlede week op YouTube gelaai is van ʼn vermeende handsakdief wat deur ʼn span loodgieters aangekeer is kort nadat hy ʼn vrou van Witbank in Mpumalanga se handsak gesteel het, is reeds meer as 150 000 keer gekyk.
Noord-Kaap-boer op sy plaas doodgeskiet
ʼn 64-jarige boer is Donderdagaand op sy plaas 25 km buite Kuruman in die Noord-Kaap doodgeskiet.
Gedenkdiens vir baba Aiden gehou
ʼn Gedenkdiens vir Aiden Roberts, die 18 maande oue seuntjie wat dood is nadat hy in ʼn swembad beland het, word Vrydag gehou.
Nuuskommentaar: Zuma se vreemde, vreemde wêreld
Suid-Afrika raak by die dag meer werklikheidsvreemd, en minister Nathi Nhleko se Nkandla-verslag het dit ʼn groot hupstoot gegee. Polarisasie groei, en weens die regering se rasbeheptheid, groei dit grootliks langs rasselyne.
Derby-Lewis hoor vandag oor aansoek
Die Pretoriase hooggeregshof sal na verwagting Vrydag sy besluit bekend maak in Clive Derby-Lewis se aansoek vir ʼn hersiening nadat sy aansoek om mediese parool afgekeur is.
Man soek ná ‘seksdaad’ met vierjarige
Die polisie in Noordwes is op soek na ʼn 35-jarige man wat glo ʼn vierjarige meisie seksueel aangerand het.
Wen: Kaartjies vir die première van Hollywood in my Huis
Hierdie kompetisie is gesluit. Hollywood in my Huis is ʼn splinternuwe Afrikaanse fliek wat eersdaags in teaters te sien is. Twee gelukkige lesers kan elk ʼn dubbelkaartjie na die première van dié fliek wen.
Heyns se familie het sy moordenaar vergewe
Die familie van die vermoorde Louis Heyns, ʼn pediater en akademikus van Stellenbosch, het gesê hulle het Marthinus van Walt, wat Donderdag tot lewenslange tronkstraf gevonnis is vir sy moord, vergewe.
Man vas ná moord op konstabel
ʼn 33-jarige man is ná ʼn groot soektog in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn polisiekonstabel.