Peet Ungerer, eertydse hoofsekretaris van die Mynwerkersunie (MWU), is aan orgaanversaking in die Krugersdorp-privaathospitaal oorlede.
Alles vir die maand Mei 2015
Gedagte vir die dag: Drukkies is nodig
Hy het sy arms om die kindertjies gesit, hulle die hande opgelê en hulle geseën. (Mark 10:16)
Video: Só sny jy ʼn appel
Grant Thompson voer aan jy kan met die metode in hierdie video ʼn appel vyf keer vinniger sny.
Twee glo deur buffel deurboor
ʼn Noodreddingshelikopter is Donderdag na die iSimangaliso-vleilandpark, noord van St Lucia aan die KwaZulu-Natalse kus, ontbied om twee persone te red wat glo deur ʼn buffel deurboor is.
Vrou gevonnis wat broerskind verkrag
ʼn 49-jarige vrou van Phoenix in Durban is skuldig bevind en gevonnis nadat sy haar 14-jarige broerskind verkrag het.
Bonusse vir Vrystaatse munisipale amptenare
Die vakbond Solidariteit het hom vandag sterk uitgespreek teen die R7 miljoen se prestasiebonusse wat onlangs aan senior munisipale amptenare in die Vrystaat uitbetaal is.
14-jarige vas oor onwettige vuurwapen
Twee verdagtes, waaronder ʼn 14-jarige tiener, is in Klerksdorp, Noordwes, in hegtenis geneem in verband met die onwettige besit van vuurwapens.
ToekomsVenster: Sy wil bo alles
Hoe word jou doen en late deur God se wil bepaal? Bepaal Hy jou koers?
Geen waarheid in ‘beurtkrag-waarskuwing’
ʼn Whatsapp-boodskap wat beweer beurtkrag sal elke dag gedurende die wintermaande toegepas word, is nie waar nie, het Eskom Donderdag gesê.
Nkandla: ‘Swembad ens. is vir veiligheid en daarom betaal Zuma nie’
Nkosinathi Nhleko, minister van polisie, het Donderdagmiddag bekend gemaak dat pres. Jacob Zuma nie ʼn gedeelte van die geld, wat op opgraderings by sy Nkandla-woning bestee is, hoef terug te betaal nie.
Valke ondersoek nou tenderboksontploffing
Die valke ondersoek nou die voorval waar ʼn tenderboks vroeër vandeesweek by die departement van onderwys se kantoor in Polokwane, Limpopo, opgeblaas is. Talle tenderdokumente is daardeur verwoes.
Wat is disleksie?
Een uit elke tien Suid-Afrikaners ly aan disleksie, wat beteken dat sowat vyf miljoen mense in skole en in die werkplek met dié probleem sukkel. Maar wat presies is disleksie?
Dag-oue baba in vullissak in taxi gelos
ʼn Dag-oue babaseuntjie is Dinsdag lewend in ʼn vullissak in ʼn minibustaxi in Yeoville, Johannesburg, gevind.
Witbank-polisie snuffel gou inwoner se ‘moordenaars’ uit
Die Witbank-polisie in Mpumalanga het vandeesweek vier verdagtes in hegtenis geneem, binne 24 uur nadat die liggaam van ʼn plaaslike vrou in ʼn plas bloed in haar huis aangetref is.
Afrikaans 90: Hoekom Afrikaans op universiteit?
Afrikaans bly die taal waarin ons lag, huil en liefhet. Dit is ons hartstaal. Al kan jy dalk nie enduit – of enigsins – in Afrikaans jou naskoolse studies voortsit nie, moet jy jou hartstaal bewaar, skryf prof. Niek Grove.
Luister: Mozart se ‘Die Impresario’ in Pretoria te sien
Die opera Mozart’s The Impressario is eerskomende naweek te sien by die Brooklyn Teater in Pretoria. Maroela Media het met Tinus Spies van die groep Rooftop Ensemble gesels om meer oor die produksie te hoor en ʼn paar van die akteurs en sangers vertel ook meer van hul rol in dié produksie.
Aansoek om wanorde in parlement uit te saai, afgekeur
ʼn Saak teen die speaker van die nasionale vergadering, Baleka Mbete, oor die onderbreking van die uitsending van die staatsrede vroeër vanjaar, is Donderdag uitgegooi in die hooggeregshof in die Wes-Kaap.
Video: Roerende advertensie oor ou oom en sy hond
Die leweroorplantingstigting in Argentinië het ʼn roerende advertensie gemaak om mense aan te moedig om hul organe te skenk.
Luister: App-ontwikkeling nou oop vir foendi’s en groentjies
Die ontwikkeling briljante apps is nou binne die bereik van elke jong entrepreneur danksy die bekendstelling van Solidariteit Helpende Hand se innoverende AppFabriek.
iPhone-gebruikers gewaarsku oor fout
ʼn Fout in Apple se iOS-bedryfstelsel maak dit moontlik vir enigiemand om ʼn iPhone te vries en af te skakel deur slegs ʼn SMS te stuur.