ʼn Vrou is naby Butterworth in die Oos-Kaap in hegtenis geneem nadat sy glo haar kêrel vermoor het toe die twee oor ʼn sigaret gestry het.
Alles vir die maand Mei 2015
Vrou spoor baba se pa op danksy Gumtree-advertensie
ʼn Vrou het danksy die webwerf Gumtree, die pa van haar baba opgespoor nadat sy ná een aand met ʼn vreemdeling swanger geraak het.
Man hang homself by Pta-laerskool
ʼn Man het selfmoord gepleeg by Laerskool Voortrekker-Eeufees in Pretoria-Noord.
Man en dogtertjie sterf in ongeluk; ma lê ure lank in koue
ʼn Man en ‘n negejarige meisie is Vrydagoggend in ʼn ongeluk in Westonaria in Gauteng oorlede.
Nuuskommentaar: Julle skuld ons, daarom brand ons af
Daar is heelwat raakvlakke tussen onrus in Suid-Afrika en die uitbreek van geweld in Baltimore, waar die blaampolitiek gevoed word uit ’n gees van verslaentheid om uit die armoedesiklus te breek. Nou moet daar werk van gemaak word om te voorkom dat die voosgekneusde minderhede in Suid-Afrika nie ook op moedverloor se vlakte gaan sit nie.
Fietsryer sterf in Benoni-ongeluk
ʼn Man is dood nadat ʼn ligte motor hom van sy fiets afgestamp het.
Nepal-aardbewing: 4 SA’ners op pad na veiligheid
Vier Suid-Afrikaners wat in die Langtang-reservaat in Nepal gestrand was, kon na ʼn plek van veiligheid stap en sal nou na Katmandoe vervoer word.
15 beseer toe taxi koedoe tref
Altesaam 15 persone is Vrydagoggend beseer nadat ʼn taxi ʼn koedoe op die N3 op Van Reenenspas in KwaZulu-Natal getref het.
Genadedood-saak: Aansoeker sterf natuurlike dood
Robin Stransham-Ford (65), ʼn voormalige advokaat van Kaapstad, is Donderdag, ure nadat die Pretoriase hooggeregshof sy aansoek om genadedood goedgekeur het, oorlede.
Gedagte vir die dag: Rus ʼn bietjie!
Kom julle alleen saam na ’n stil plek toe en rus ’n bietjie. (Mark 6:31)