ʼn 54-jarige man van Limpopo is in hegtenis geneem nadat twee onthoofde lyke in ʼn bergagtige gebied gevind is.
Lees meerAlles vir Maandag 1 Junie 2015
‘Dronk’ polisieman aangekla van aanranding op polisiekommissaris
ʼn 34-jarige polisiekonstabel van Mpumalanga is in hegtenis geneem nadat hy glo op heterdaad betrap is deur die provinsiale polisiekommissaris met sy amptelike voertuig by ʼn kuierplek.
Sekwestrasiebevel teen Malema teruggetrek
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het Maandag ʼn sekwestrasie-bevel teen Julius Malema, leier van die EFF, teruggetrek.
Nog ʼn Eskom-hoë kry goue handdruk
Eskom het met nog een van sy bestuurders, wat in Maart geskors is “ooreengekom om op ‘n vriendskaplike basis paadjies te skei”.
Meisie (14) vermoor, lyk onder bed gekry
ʼn 27-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn 14-jarige meisie.
ToekomsVenster: Beywer jou vir heel gemeenskappe
Geestelik volwasse mense praat dieselfde taal. Al het ons verskillende gawes en dien ons die Here op verskillende maniere, praat ons die taal van die evangelie.
Vrou deur leeu doodgebyt in Jhb-park
ʼn Vrou is Maandagmiddag dood nadat sy deur ʼn leeu by die Leeupark in Honeydew, Johannesburg aangeval is.
Afrikaanse sanger, oud-Bok deel van vanjaar se Strictly Come Dancing
ʼn Afrikaanse sanger en ʼn oud-Springbokrugbyspeler is onder die tien bekendes wat aan vanjaar se seisoen van die TV-reeks Strictly Come Dancing deelneem.
Halfmiljoenrand se gehoorapparate verander lewens
ʼn Plaaslike maatskappy, Hearing Systems, het in samewerking met die vakbond, Solidariteit, verskeie gehoorgestremdes se lewe verander met nuwe gehoorapparate.
Gewapende ‘rowers’ met aanboordkamera afgeneem
Die polisie ondersoek die omstandighede rondom beeldmateriaal wat op sosiale media versprei word van ʼn vermeende kaping of gewapende roof wat deur ʼn voertuig se aanboordkamera geneem is.
Foto’s: Dronk krimpvarkie van pad gehaal
ʼn Krimpvarkie wat in die Nederlandse stad Arnhem homself aan die voggies van ’n bottel vuurwater vergryp het nadat dit in die straat gebreek het, is deur ’n diere-ambulans opgepik en na ’n sentrum geneem om sy roes af te slaap.
Die pleisterwerk van die Voortrekkers se bootvormige hartbeeshuisies
Hannes Raath, ’n kundige op die gebied van volksargitektuur, bekyk in hierdie week se artikel hoe die Voortrekkers ’n bootvormige hartbeeshuis gebou het en fokus in hierdie artikel van die reeks op die pleisterwerk van die soort huise.
Vrystaatse boer sterk aan ná plaasaanval
ʼn 45-jarige boer van die Ladybrand-omgewing in die Vrystaat is in die hospitaal opgeneem nadat hy Saterdag op sy plaas, Zuurbult, oorval en met ʼn mes gesteek is.
Hof sê nee vir EFF-aansoek in Malema-saak
ʼn Aansoek deur die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) om insae te hê in sy leier, Julius Malema, se belastingsaak met die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SARS) is Maandag deur die hooggeregshof in Pretoria van die hand gewys.
WAT Woord van die Week: kontrotter
Die WAT Woord van die Week is “kontrotter” – die woord wat jy gebruik as jy nie ‘n voorwerp se naam kan onthou nie!
Oom Herrie se kerrie: Oom Herrie die karwag
Wanneer weer besin word oor hoeveel om in die hand te stop van die karwag – dink net daaraan dat dit nie maklike werk is nie.
Nuwe vrystellings: 1 Junie 2015
Julius van der Walt, Sharoney en Kurt Darren is van die sangers wat onlangs nuwe liedjies vrygestel het.
Kuruman-plaasmoord: Boer dalk uit wraak vermoor
Christo Kruger (63), die boer wat verlede week op sy plaas, Byron, in die Kuruman-omgewing doodgeskiet is, is vermoedelik uit wraak vermoor.
Maroela Media Top 20: 1 Junie 2015
Leah behou haar eerste plek, maar Francois van Coke en Karen Zoid skuif op na die tweede plek. Nadat hulle net twee weke lank op die Top 20 kon bly, sak 4 Werke uit met “Hand op my hart”. In hul plek maak Elvis Blue sy toetrede met sy nuwe Afrikaanse treffer, “Die hemel”.
Video: Vliegtuie bots oor see; vlieënier dood
Twee ligte vliegtuie het Sondag in die kusdorp Tortoreto, Italië, ten aanskoue van toeriste en baaiers gebots en in die see gestort.