ʼn Vrou van Beijing bied haar huis as beloning aan nadat haar geliefde troeteldier verdwyn het, berig die Beijing Youth Daily.
Lees meerAlles vir Dinsdag 2 Junie 2015
Fifa-president Sepp Blatter bedank
Sepp Blatter, president van Fifa, het Dinsdag sy bedanking aangekondig te midde van ʼn korrupsieskandaal wat die organisasie geskud het.
Wind beskadig elektrisiteitsnetwerk in Wes-Kaap
Gure weersomstandighede het Maandagaand skade veroorsaak aan veral die elektrisiteitsnetwerk in die Drakenstein-munisipaliteit in die Wes-Kaap. Die hele Paarl en Mbekweni se kragtoevoer is hierdeur geraak.
ToekomsVenster: Kyk goed na ander
Volwasse Christene is nie selfgesentreerd nie.
Nóg ʼn monument met verf geskend
ʼn Anglo Boereoorlogmonument in Burgersdorp in die Oos-Kaap het ook nou onder vandale deurgeloop.
Ondersoek kom oor foto’s van polisiebeamptes
Die polisie het ʼn dissiplinêre ondersoek van stapel gestuur nadat foto’s van polisiebeamptes, wat in hul amptelike voertuig lê en slaap, wyd op sosiale media versprei is.
App vir nuwe reisregulasies
As jou droomvakansie saam die kinders in ʼn nagmerrie verander het, is die volgende app vir jou.
Malema-sekwestrasie: SAID sê waarom hy bevel terugtrek
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het Dinsdag sy besluit verduidelik om ʼn hofaansoek dat ʼn voorlopige sekwestrasiebevel teen EFF-leier Julius Malema finaal gemaak word, terug te trek.
Leeu dalk geskuif ná vrou sterf
Die leeuwyfie wat Maandagmiddag ʼn vrou by die Leeupark in Honeydew, Johannesburg, doodgebyt het, sal waarskynlik na ʼn ander perseel geskuif word.
Fifa-skandaal: Net span stywer om SA oor $10 miljoen
Die net span stywer om Suid-Afrika oor die $10 miljoen “omkoopgeld” wat blykbaar aan ’n voormalige vise-president van Fifa betaal is om die sukses van die Suid-Afrikaanse bod te verseker.
Luister: Kragdag-2015 bekyk alternatiewe oplossings vir energiekrisis
Die Kragdag-span bied al die afgelope sewe jaar ʼn ekspo oos van Pretoria aan waar mense meer inligting kan kry oor al die nuutste tegnologie en selfdoen-projekte in die veld van alternatiewe energie.
Koppe vandag bymekaar gesit oor IS
Afgevaardigdes van 24 lande, wat meestal uit ministers van buitelandse sake bestaan, kom vandag in Parys, Frankryk, byeen om koppe bymekaar te sit oor hoe om van die IS as bedreiging ontslae te raak.
Ou Pta-straatname moet weer wys
Die Tshwane-metroraad is volgens ʼn hofbevel verplig om weer die ou straatname wat hy regoor Pretoria verander het, saam met die nuwe name te vertoon.
Twee vas oor lyk by Dieretuinmeer
Twee mense verskyn Dinsdag in die Johannesburg-landdroshof weens die moord op ʼn man wie se liggaam verlede week by die stad se Dieretuinmeer opgespoor is.
Man soek ná baba se raaiselagtige dood
Die polisie in Mpumalanga is op soek na ʼn man nadat sy vriendin se 14 maande oue babaseuntjie op ʼn raaiselagtige manier dood is.
Resep: Mieliebroodjafels met Wilde Weste-vulsel
Hierdie was die deelnemers van die gewilde realiteitstelevisie-reeks Kokkedoor, Marius en Alet, se watertand-resep.
Polisie-moordenaars kry baie swaar vonnisse
Drie veroordeelde moordenaars wat tydens hul skrikbewind verantwoordelik was vir nege moorde, onder wie drie polisiebeamptes, is onlangs in die Suid-Gautengse hooggeregshof gesamentlik tot 21 jaar lewenslange tronkstraf asook 415 jaar tronkstraf gevonnis.
Ballade vir ‘n Enkeling nou oorsee
’n Rolprent wat kykers en die rolprentbedryf omtrent aan die gons gehad het, is Ballade vir ’n Enkeling – ’n vars en gemoderniseerde weergawe van die gewilde televisiereeks wat vrygestel is in die 80’s.
Foto: Jongste en oudste verteenwoordigers van die ATKV
Die jongste en oudste verteenwoordigers van die ATKV, Carla O’ Connell en Roy Riley, het onlangs die algemene jaarvergadering bygewoon en tydens dié geleentheid ook ʼn kopie van die ATKV Centurion se Omgee-CD ontvang.
Dept. teiken glo steeds Gauteng-skole ondanks hofbevel
Fedsas het Dinsdag gesê hy sal bewerings ondersoek dat die Gauteng-onderwysdepartement skole nou selektief teiken nadat die hof verlede week beslis het skole se taal- en toelatingsbeleid moet in ag geneem word.