Die hele departement van verkeer word ontbind en alle verkeersbeamptes se dienste word beëindig in ʼn groot poging van die Oekraïne om van sy korrupte verkeersbeamptes ontslae te raak.
Alles vir Donderdag 4 Junie 2015
Taalgebruik: statistiek of statistieke?
Taaltoffie ondersoek die gebruik van “statistiek”, “statistieke”, “getal” of “aantal”
Werkers in hospitaal ná steierwerk ineenstort
Vyf werkers is Donderdagoggend in Pretoria beseer toe die steierwerk waarop hulle was ineengestort het. Hulle het tussen 10 en 15 meter ver geval.
Kommissaris maak voorbeeld van ‘ongedissiplineerde’ beamptes
Twee polisiebeamptes is Woensdag in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn gevangene by die Pienaar-polisiestasie in Mpumalanga help ontsnap het.
Vrou op Noordwes-kleinhoewe oorval
ʼn 57-jarige vrou is Donderdagoggend op ʼn kleinhoewe in die Bokfontein-area buite Brits in Noordwes deur gewapende rowers oorval.
Spookasem “blom” in China
Om spookasem te maak is dalk nie die moeilikste ding in die wêreld nie, maar ʼn man in China het dit in ʼn kunsvorm verander.
Mpumalanga-plaasaanval: ‘Ek was bang hulle gaan my martel’
ʼn Plaasbestuurder in die Komatipoort-omgewing in Mpumalanga is Dinsdagaand deur vyf gewapende rowers oorval, vasgemaak en aangerand.
Bekende Afrikaanse skrywer sterf
Een van “die mees geleesde skrywers in Afrikaans”, is Donderdagoggend in die ouderdom van 78 oorlede.
Polisie ondersoek man se ‘doodsprong’ van snelwegbrug
ʼn 30-jarige man is dood nadat hy na bewering Woensdagmiddag by die Paradise Valley-brug in Pinetown, KwaZulu-Natal, afgespring het.
Nuuskommentaar: Dis nie omkopery, dis net rassisme
Hoe meer die minister van sport ’n edel beeld van die regering se optrede in die beweerde Fifa-omkoopskandaal probeer voorhou, hoe dieper dompel hy die regering in die probleme, en hoe meer beledig voel belastingbetalers dat hul intelligensie onderskat word.
Eskom ferm met munisipaliteite wat geld skuld
Twee van die 20 munisipaliteite wat Eskom miljarde rande skuld het tot Vrydag om ’n betalingsooreenkoms met die kragvoorsiener aan te gaan voor bykomende kragonderbrekings ingestel sal word.
Onnie vas oor lyk in suikerrietveld
Die polisie in Harburg, KwaZulu-Natal, het ʼn 30-jarige onderwyser in hegtenis geneem nadat die liggaam van ʼn vrou in ʼn suikerrietveld gevind is.
Tragedie by Alexandra-polisiestasie eis 5 lewens
ʼn 31-jarige polisiekonstabel is Woensdagaand doodgeskiet nadat hy glo vroeër die dag vier mense, waaronder sy vrou, by die Alexandra-polisiestasie doodgeskiet het.
SA Top 20 word 50 jaar oud
Op 4 Junie, vyftig jaar gelede, is die heel eerste Suid-Afrikaanse Top 20, gebaseer op werklike verkope van kortspelers, op Springbok Radio uitgesaai. Daantjie skryf oor die treffers van die gewilde treffersparade in die volgende reeks artikels.
Gedagte vir die dag: Hou by die waarheid
Toe sê Jesus vir die Jode wat in Hom glo: “As julle aan my woorde getrou bly, is julle waarlik my dissipels; en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak.” (Joh 8:31-32)