Die Afrikaanse sanger, Helené Bester, en haar man het ʼn babadogtertjie in die lewe verwelkom, amper drie jaar nadat hulle ʼn dogtertjie verloor het.
Lees meerAlles vir Saterdag 6 Junie 2015
Swanger vrou deur trok doodgery
ʼn Swanger vrou is Saterdagmiddag dood nadat sy deur ʼn vragmotor op die N1 by Bloemfontein in die Vrystaat raakgery is.
EU-plan gekortwiek deur Libië
Libië het die Europese Unie (EU) se plan van minder bote is gelykstaande aan minder ellende netjies gekortwiek.
Chinese deur paddaplaag getref
Inwoners van China se Liaoning-provinsie het ’n voorsmakie beleef van die tweede plaag wat in Egipte toegeslaan het.
China-bootramp: Dodetal styg skerp
Die dodetal het tot nagenoeg 400 gestyg nadat ʼn Chinese veerboot Maandag weens gure weer in ʼn rivier omgeslaan het.
Baba in puttoilet gevind
ʼn Pasgebore baba is Saterdagoggend in ʼn puttoilet in KwaZulu-Natal gevind.
Agt plaasaanvalle dié week; AfriForum gee veiligheidswenke
Die burgerregte-organisasie AfriForum het sy kommer uitgespreek oor die vlaag plaasaanvalle en -moorde wat die afgelope week oor die hele land voorgekom het en veiligheidswenke gegee vir gemeenskappe om meer te doen om hulle te beveilig.
NUM het nuwe hoofsekretaris
Frans Baleni is uit die kussings gelig as die National Union of Mineworkers (NUM) se hoofsekretaris, ʼn posisie wat hy amper tien jaar lank beklee het.
Vrou sterf in KZN-ongeluk
ʼn Vrou is vroeg Saterdagoggend dood in ʼn botsing tussen ʼn motor en ʼn bakkie in Shelley Beach aan die KwaZulu-Natalse suidkus.
Polisieman verwurg met kombers
ʼn Polisiebeampte van KwaZulu-Natal is glo Vrydag in ʼn polisiestasie se aanhoudingselle vermoor.
Samaritaan doodgeskiet toe hy wou help
Deon Niemand (36) het Vrydagmiddag ʼn roofslagoffer in Port Elizabeth probeer help en is in die proses doodgeskiet.
Seun (15) kom op boetie, huishulp in swembad af
ʼn 15-jarige seun het Vrydagmiddag op sy tweejarige boetie en hul huishulp afgekom waar hulle in die swembad gedryf het by hul huis in Kenwyn in Kaapstad.
Polisie: Reserviste wat heeltydse werk soek, moet aansoek doen
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het reserviste wat vroeër vandeesweek betoog het vir vaste aanstellings aangesê om aansoek te doen daarvoor.
Christopher Panayiotou dalk eers dán verhoor
Christopher Panayiotou het glo sy werknemer betaal om die huurmoord van sy vrou te reël.
Eskom gee munisipaliteite nog tyd om te betaal
Eskom het sy planne om twee agterstallige munisipaliteite se krag af te sny vir eers uitgestel.
Gedagte vir die dag: Die engel van die Here
Ek, die Here, stuur ’n engel voor jou uit om jou op die pad te beskerm en jou na die plek toe te bring wat Ek vir jou reg gemaak het. Gee ag op die engel en luister na hom, want Ek het aan hom my volmag gegee. (Eks 23:20-21)