Eskom het aangekondig dat beurtkrag Sondagaand toegepas sal word.
Lees meerAlles vir Sondag 7 Junie 2015
Twee ‘kabeldiewe’ vas na skietery op Brits-plaas
Die polisie in Noordwes ondersoek ʼn saak van poging tot moord en diefstal nadat ʼn boer van Brits glo kabeldiewe op sy plaas betrap en skote op hulle afgevuur het.
Kragnetwerk Sondagaand onder druk
Eskom het gesê die kragnetwerk sal na verwagting Sondagaand tydens spitstyd onder druk wees.
Safa verbreek stilte oor Fifa-bewerings
Die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa) het sy stilte verbreek oor die bewerings dat omkoopgeld van $10 miljoen aan Fifa betaal is sodat Suid-Afrika die 2010-Sokkerwêreldbeker kon aanbied.
Werksoekers nagegaan vir oortredings met kinders
Werkgewers maak glo al hoe meer van die nasionale kinderbeskermingsregister gebruik om te kyk of werksoekers enige oortredings het wat met kinders verband hou.
Borneo-aardbewing: Nog liggame gevind
Reddingswerkers het nog vyf liggame gevind op berg Kinabalu op die eiland Borneo na Vrydag se aardbewing.
Twee dood na motor ‘ontplof’
Twee mense is vroeg Sondagoggend dood nadat die motor waarin hul was gerol en toe glo ontplof het in Benoni aan die Oos-Rand.
Zuma waarsku teen derde termyn
Pres. Jacob Zuma het tydens die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) in Kaapstad gesê Afrika moet nie pogings deur presidente van die vasteland om vir ʼn derde termyn te dien, duld nie.
BBC-ondersoek: Só het Warner glo SA se $10m gebruik
ʼn Ondersoek deur die BBC wys glo hoe die $10 miljoen wat Suid-Afrika vir sokkerontwikkeling gegee het, deur die voormalige vise-president van Fifa Jack Warner aangewend is.
Eerste foto’s: Prins George en sy sussie
Die Kensington-paleis het die eerste foto’s van prins George saam met sy nuwe sussie, prinses Charlotte, uitgereik.
Vrou (22) vas oor dwelms en ammunisie
ʼn 22-jarige vrou is in die Wes-Kaap in hegtenis geneem nadat dwelms en ammunisie glo in haar besit gevind is.
Drie mans sterf in KZN-botsing
Drie mans is dood en twee beseer in ʼn botsing op die N2 naby Stanger in KwaZulu-Natal.
Gedagte vir die dag: ’n Nuwe begin vir die koninkryk
Dit sal ek ter harte neem en om dié rede bly ek hoop: deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie; daar is geen einde aan sy ontferming nie, dit is elke môre nuut. U trou is groot. (Klaagl 3:21-23)