‘n Jong entrepreneur wil nuwe lewe in plaaslike toerisme blaas. Hy het ‘n selfoon-app geskep vir Suid-Afrikaners en buitelandse toeriste. Dit het ten doel om die produkte en dienste van talle bedrywe te bemark.
Lees meerAlles vir Maandag 8 Junie 2015
Kaapstad kry sy eie Monopoly-bord
Die bekende bordspeletjie, Monopoly, is vanjaar 80 jaar oud. Om dié mylpaal te vier, het die skeppers daarvan Kaapstad gekies as die eerste stad in Suid-Afrika wat sy eie Monopoly-bord kry.
Video: Driejarige hou kunsuitstalling
‘n Driejarige van Hermanus het kunsliefhebbers aan die praat met haar handewerk. Klein Tallulah Hamman se ouers hoop sy kan ander kinders inspireer met haar passie vir verf.
Pa en seun sterf weens rookinaseming
ʼn Pa en sy seun is in Delareyville in Noordwes oorlede nadat hulle giftige rook ingeasem het.
18-jarige vas oor man se moord
ʼn 18-jarige is Sondag in Diepsloot in Gauteng in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn 45-jarige man.
Gewapende rower doodgeskiet
Die polisie het Maandag bevestig ʼn gewapende rower is dood tydens ʼn skietery in die Yako- informele nedersetting buite Butterworth in die Oos-Kaap.
Vrou vas oor skoonma se moord
ʼn 67-jarige vrou van KwaZulu-Natal se skoondogter en twee ander verdagtes is Maandag in verband met haar moord in hegtenis geneem.
ToekomsVenster: Wat is die mens dan?
In vandag se ToekomsVenster-oordenking word daar gekyk na die vraag: “Wat is die mens dan?” Lees gerus ook Psalm 8 en luister wat ds. Jannie Pelser daaroor sê.
Korrektiewe dienste bevestig Oscar dán vrygelaat
Die departement van korrektiewe dienste het Maandag bevestig wanneer Oscar Pistorius se vonnis in korrektiewe toesig omgeskakel sal word.
Ikey-student sê ‘wittes moet vermoor word’
Chumani Maxwele, ʼn student aan die Universiteit van Kaapstad (UK), is geskors nadat hy glo onder meer vir ʼn lektor geskree het dat “wittes vermoor moet word”.
Video: Maak ʼn wipplank-kers
Hierdie wipplank-kers is ʼn prettige manier om swaartekrag mee te toets of net jouself mee besig te hou as jy dalk verveeld is.
Marli van Breda terug by skool
Marli van Breda (16), een van die oorlewendes van die Stellenbosch-bylaanval, het teruggekeer skool toe.
Die winde van verandering waai weer wêreldwyd
Dit is so dat die regering nie op die kort termyn Afrikaners se aansprake op minderheidsregte of gemeenskapsfederalisme sal erken nie. Daar is wel ruimtes in die grondwet wat ons kan gebruik, skryf Flip Buys.
Ná 4 jaar steeds geen teken van jong man
Dit is amper weer André du Plessis se verjaardag en dit sal die vierde jaar wees wat sy gesin dit vier sonder dat hulle ʼn idee het wat van hom geword het.
Boek van die maand (resensie): Boomkastele
Schalk Schoombie se debuut, “Boomkastele”, is fyn beplan en met liefde geskryf, en elke woord dra by tot die genot, skryf Ilse Salzwedel in haar resensie.
Joost nie dood nie
Gerugte op sosiale media dat die oud-Springbok-kaptein Joost van der Westhuizen dood is, is vals.
Verskeie sendings na Venus beplan
Verskeie sendings na Venus word beplan, waarvan die belangrikste die Japannese Akatsuki-sending is wat in Desember om die aarde se naaste buurman sal begin wentel.
Kuruman-plaasmoord: Verdagtes het voorheen op plaas gewerk
Die vermeende moordenaars van Christo Kruger (63), wat voorverlede week op sy plaas naby Kuruman doodgeskiet is, het albei voorheen op Kruger se plaas gewerk.
Nuwe vrystellings: 8 Junie 2015
Liezel Pieters, Snotkop en Dewald Gouws is van die sangers wat onlangs nuwe liedjies vrygestel het.
Maroela Media Top 20: 8 Junie 2015
In hierdie week se Top 20 is daar sewe snitte wat styg, sewe wat daal, drie in dieselfde plek en drie nuwelinge. Die eerste drie plekke is, vir die eerste keer in ‘n baie lang tyd, onveranderd van verlede week.