ʼn Man wat sy meisie se versoek, dat hy nie meer loterykaartjies moet koop nie geïgnoreer het, het $1 miljoen in die Michigan-lotery gewen.
Lees meerAlles vir Dinsdag 9 Junie 2015
Grootskaalse afleggings by Telkom
Telkom het vandag sy planne, om binne twee maande van nóg nagenoeg 7 800 werknemers ontslae te raak, by ʼn inligtingsessie in Olifantsfontein bekendgemaak.
Transnet-pensioenarisse se klasaksie eis teen Transnet
Die Transnet-pensioenarisse se siviele eis teen Transnet en die regering is verlede Vrydag van stapel gestuur, het die Vryheidsfront Plus Dinsdag in ‘n verklaring gesê. Dit is die grootste eis in die geskiedenis van Suid-Afrika.
Waterskeidingsaak vir dwelmhandel
Twee beskuldigdes, ʼn Nigeriër en sy Suid-Afrikaanse vrou, is swaar gevonnis in verband met dwelmhandel en geldwassery.
Gewapende rooftog by begrafnisonderneming
Drie mans is in Olifantshoek in die Noord-Kaap in hegtenis geneem in verband met ʼn gewapende rooftog by ʼn begrafnisonderneming in die gebied.
Driejarige verdrink byna in Durban-swembad
ʼn Driejarige is in ʼn ernstige toestand nadat hy byna in een van die swembaddens op Durban se strand verdrink het.
ToekomsVenster: Ons leef nie vir onsself nie
Ons moet leef tot eer van die Here. Ons is nie hier ter wille van onsself nie. Onthou ons is God se verteenwoordigers. Ons tree namens Hom op.
KZN-plaasaanval: ‘Hulle het gedreig om hom aan die brand te steek’
Niemand is nog in hegtenis geneem nadat ʼn egpaar van KwaZulu-Natal byna twee weke gelede op hul plaas oorval en aangerand is nie.
Noordwes-vrou wreed verkrag
ʼn 21-jarige vrou is halfnaak en met kopbeserings in ‘n straat in Klerksdorp aangetref.
Hawelose moor glo bekende Pta-sakeman
Chris Orban (71), ʼn bekende in die eiendomsbedryf, is Sondag in ʼn hospitaal dood nadat hy Saterdag erg in sy Waterkloof-huis, oos van Pretoria, aangerand en beroof is.
Baksteen deur karvenster: Seun vorder goed
“Dit is nog te vroeg om te sê of hy volkome gaan herstel, maar ek weet hy gaan want God is in beheer.” Só sê Justin Slabbert, die pa van die agtjarige Caden wat ʼn ernstige kopbesering opgedoen het toe ʼn voetganger langs ʼn Johannesburgse snelweg ʼn baksteen deur Slabbert se motorruit gegooi het.
Drie vas ná hulle egpaar op Vrystaat-plaas oorval
Drie verdagtes het Dinsdag in die Marquard-landdroshof verskyn nadat ʼn bejaarde egpaar Sondagaand op hul plaas in die omgewing oorval en aangerand is.
‘SA se regstellendeaksievergrype op pad na VN’
Die vakbond Solidariteit het gesê meer as 300 000 Suid-Afrikaners oor die hele ras- en politieke spektrum heen het die afgelope twee maande steun betoon vir sy klag by die Verenigde Nasies (VN) oor regstellende aksie.
Luister: Ma se pelgrimstog vir oorlede seun
In Junie 2014 het Maroela Media berig oor Lihan du Plessis, wat in ‘n fratsongeluk op ‘n plaas naby Bismarck (Washburn) in North Dakota in die VSA, dood is. Nou, amper ʼn jaar later skryf sy ma, Elphia du Plessis, oor haar pelgrimstog wat sy beplan om berusting te kry. Maroela Media het ook met haar daaroor gesels.
Boek: Haar ma se kind
Jo-Anne Stals woon in Londen. Sy besluit om die leuen waarmee sy al so lank leef uit die weg te ruim. Dit raak egter haar ouers en veral haar ma, Dora en ook haar dogter, Dania.
Kaalvoet-kinders kry skoene
Vosk-skoene beloof om een paar skoene aan ʼn behoeftige kind te skenk, vir elke paar wat verkoop word.
Afrikaans 90: Afrikaans in ’n Engelstalige werksomgewing
“Kortom: dat ek Afrikaans is en in Afrikaans opgelei is, word deur my werkgewer as ’n bate beskou – nie as ’n las nie,” skryf Jan-Jan Joubert van die Sunday Times.
Mpumalanga-plaasaanval: Verdagte in hof
Die verdagte wat verlede week vasgetrek is enkele ure nadat ʼn plaasbestuurder in die Komatipoort-omgewing in Mpumalanga deur vyf gewapende rowers oorval, vasgemaak en aangerand is, het Dinsdag in die Louieville-landdroshof verskyn.
Video: Restoureer jou motor se kopligte met tandepasta
Is jou motor se kopligte dof en glansloos? Nou kan jy dit maklik restoureer met ʼn bietjie tandepasta!
Ficksburg-seun tydens huisroof geskiet
Die polisie is op soek na twee verdagtes wat Saterdagaand ʼn gesin in hul huis in Ficksburg in die Vrystaat oorval het en kort daarna glo ook ʼn vulstasie in die omgewing beroof het.