Japie du Toit (60), ʼn boer van Laersdrif in Limpopo, het Maandag die vyfde rooftog op sy plaas in minder as ʼn jaar oorleef.
Alles vir Woensdag 10 Junie 2015
Meisie (7) verdwyn terwyl ma troue bywoon
ʼn Grootskaalse soektog is van stapel gestuur na ʼn sewejarige meisie van Limpopo wat sedert Saterdag vermis word.
Foto’s: Polisie se flink optrede fnuik drie se planne
Drie rowers is Woensdagoggend op heterdaad betrap terwyl hulle besig was om ʼn huis in Crosby, Johannesburg, te beroof.
Bejaarde man met AK47 betrap
ʼn Man is in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem nadat ʼn AK47 en ammunisie in sy besit gevind is. Volgens die polisie is die man bejaard.
Nuuskommentaar: Afrikaners net gepaai?
Die tyd sal leer of gister se samesprekings tussen die ANC en Afrikaner-belangegroepe enigiets konkreets sal oplewer.
Boek: Geheime revolusie: Memoires van ‘n spioenbaas (Niël Barnard)
’n Moet vir enigeen wat wonder oor wat alles in die 1980’s agter die politieke skerms gebeur het.
Boek: Gabriella en die Hertog van Harte
Gabriella wil haar oorlede ma se geliefde perd se bloedlyn op hulle plaas in Namibië hervestig.
Video: Sesjarige se dansery het die internet gaande
ʼn Video van die sesjarige Johanna Colón is binne vier dae reeds meer as 34 miljoen keer op Facebook gekyk en binne twee dae meer as 3 miljoen keer op YouTube.
Twee vas ná kaping van pa en dogter
Twee verdagtes is Maandag in Hillbrow, Johannesburg, vasgetrek enkele ure nadat hulle glo ʼn motor met ʼn man en sy 12-jarige dogter daarin gekaap het.
Gedig: Selfs die son
“jy praat van trek na griekeland, maar my oë sien reeds hoe eensaam staan die suikerbos teen die berg se suidekant…” skryf Pieter Smit
Sprong na veiligheid toe ʼn doodsprong
Twee mense is dood en een kritiek beseer toe hulle Dinsdagmiddag van die agterkant van ʼn bakkie afgespring het om ʼn ongeluk te vermy, net om deur ʼn swaarvoertuig getref te word.
17 dood toe vragmotor in Andes-ravyn stort
Minstens 17 persone is Dinsdag dood en meer as 30 is beseer toe ʼn wipbakvragmotor 100 meter ver in ʼn ravyn in die bergagtige deel van Peru neergestort het.
Drie vas ná ontsnapping uit Gauteng-hof
Drie van die sewe verdagtes wat Maandag uit die Lenasia-landdroshof in Gauteng ontsnap het, is weer intussen in hegtenis geneem.
Kaapstad-man vas oor meer as 200 rondes ammunisie
ʼn 44-jarige man van Kaapstad is Dinsdag in hegtenis geneem nadat die polisie meer as 200 rondes ammunisie in sy besit gevind het in sy woonstel in Ottery in Kaapstad.
Gedagte vir die dag: God dra ons
Julle het in die woestyn ondervind hoe die Here julle God julle die hele pad waarlangs julle tot hier toe gekom het, gedra het soos ’n man sy seun dra. (Deut 1:31)