Meeste persone weet sommer dadelik wanneer hulle begin olik voel of ʼn verkoue aan die broei is en trek dan die vitamines en bruistablette nader.
Lees meerAlles vir Vrydag 12 Junie 2015
Video: Engeland se kleinste babahondjie
Disney, Engeland se kleinste babahondjie, weeg minder as ʼn pakkie suiker en is 9.3 cm hoog.
Man vas oor diefstal van huurmotor by lughawe
Michael Thage (36) van Midrand in Gauteng moet op 30 Junie weer in die hof verskyn in verband met ʼn huurmotor wat deur ʼn verhuringsmaatskappy by die OR Tambo Internasionale Lughawe as gesteel aangemeld is.
Voormalige polisiekaptein gevonnis oor korrupsie
ʼn Voormalige polisiekaptein is in die Pretoria-handelsmisdaadhof gevonnis nadat hy skuldig bevind is op 30 aanklagte van korrupsie.
Angelina Jolie bepleit vroueregte by AU-raad
Angelina Jolie, Hollywood-aktrise en die Verenigde Nasies se ambassadeur vir vlugtelinge, het Vrydag tydens die Afrika-unie-beraad in Johannesburg ʼn beroep op die mans by die kongres gedoen om pogings te verskerp om die verkragting van vroue, veral in konflik-geteisterde dele, te voorkom.
ToekomsVenster: My roetekaart
Die vertroue, liefde en waardering wat ons vir die Woord van die Here het, veroorsaak dat ons geen besluit sal neem sonder om ons eie wysheid daaraan te toets nie. Die wet van God is goed!
Vierde persoon sterf ná brandstigting-aanval
Die speaker van die Noord-Kaap-munisipaliteit is die vierde persoon wat dood is nadat ʼn huis in Olifantshoek, vermoedelik deur haar man, aan die brand gesteek is.
‘Bedrog’ kos Spaanse hertogin haar titel
Koning Felipe van Spanje het sy suster, Cristina, se titel van hertogin van haar ontneem.
Gaan bos by Innibos
Die Innibos-fees bied die beste in Afrikaanse musiek, teater, kabaret, letterkunde en die visuele kunste.
Bejaardes lê dag lank vasgebind ná wrede kleinhoewe-aanval
Twee mans het byna ʼn dag lank vasgebind en bebloed in hul huis gelê nadat hulle deur twee aanvallers op ʼn Vrystaatse kleinhoewe oorval en aangerand is.
Luister: Kom ontdek 100 shiraz-wyne
Is jy lief vir ʼn rooiwyn met die geure van peper, bessies en ʼn tikkie Turkse lekkers, dan is die shiraz-kultivar net die een vir jou. En nou het jy die geleentheid om 100 van hierdie gewilde wynsoort by die Shiraz-op-skou te proe.
Kuns-ekspo vir onderwysers by die Voortrekkermonument
Kunsonderwysers kan uitsien na ʼn kuns-ekspo wat deur die Opvoedkundige Diens van die Voortrekkermonument aangebied word.
Bus en trok bots op N12
Twee mense is dood nadat ʼn bus en swaarvoertuig Vrydag op die N12 tussen Ventersdorp en Coligny gebots het.
Vier kinders dood toe skoolbus met trok bots
Vier laerskoolkinders is dood en een kritiek beseer toe ’n skoolbus Vrydagoggend teen ’n vragmotor gebots het.
Nuwe leermetode vir wiskunde
Suid-Afrika se Wiskunde en Wetenskap-onderwys is deur verskeie verslae as van die swakste ter wêreld aangewys, maar ʼn nuwe leermetode mag dalk net die antwoord wees.
Pta-ma beseer toe kar glo op ys gly
ʼn Vrou van Pretoria is Vrydagoggend ernstig beseer nadat ʼn yslaag op ʼn pad glo tot ʼn motorongeluk gelei het.
SA Top 20 word 50: 1975 tot 1978
Vyftig jaar gelede is die heel eerste Suid-Afrikaanse Top 20, gebaseer op werklike verkope van kortspelers, op Springbok Radio uitgesaai. Daantjie gee ‘n nostalgiese terugblik op die treffers van 1975 tot 1978.
Saak teen Wes-Kaapse polisiehoof nou na hooggeregshof
Die saak teen die Wes-Kaapse polisiekommissaris, Arno Lamoer, vir beweerde bedrog van R1,6 miljoen, sal in die Wes-Kaapse hooggeregshof aangehoor word.
‘Shaik gesond genoeg om iemand aan te rand’
Die raad op korrektiewe toesig en paroolhersiening is versoek om die veroordeelde bedrieër Schabir Shaik se borgtogvoorwardes te heroorweeg ná hy glo Woensdag ʼn joernalis gevloek het.
Taalgebruik: pasop of pas op?
Taaltoffie ondersoek die verskillende gebruike van die woorde “pasop”, “pas op” en “oppas”.