Die ma van die tweejarige blondekopseuntjie wat Vrydag naby The Glen-inkopiesentrum in die suide van Johannesburg gevind is, is Saterdagmiddag opgespoor.
Lees meerAlles vir Saterdag 13 Junie 2015
Skoliere eis dat moordbeskuldigde-klasmaats vrygelaat word
Meer as 800 skoliere van ʼn skool in Inanda, noord van Durban, het Vrydag ʼn optog na die plaaslike polisiestasie gehou om te eis dat vyf van hul klasmaats, wat op aanklagte van moord en poging tot moord teregstaan, vrygelaat word.
Twee dood ná hartstilstande op ongelukstoneel
Twee mans is Saterdagoggend dood en twee ernstig beseer in ʼn trompop botsing op die R603 in Winklespruit, KwaZulu-Natal.
Kleuter by Jhb-inkopiesentrum gevind; ouers dringend gesoek
Die polisie is dringend op soek na die ouers van ʼn tweejarige blondekopseuntjie wat Vrydag naby The Glen-inkopiesentrum in die suide van Johannesburg gevind is.
Kapers skiet ma van Jhb in oprit dood
ʼn Ma van Johannesburg is Donderdag dood toe sy tydens ʼn kaping in die kop en bors geskiet is.
Noordwes heet nou glo Bokone Bophirima
Noordwes se naam is oornag glo stil-stil na Bokone Bophirima, die Tswana-vertaling van die provinsie se naam, verander.
Goeie nuus: Kelnerin se gebaar maak opslae op sosiale media
ʼn Amerikaanse kelnerin se goedheid teenoor ʼn egpaar wat hul baba verloor het, het onlangs soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei.
Beurtkrag voorspel vir Saterdagaand
Eskom het Saterdag gesê geen beurtkrag is vir die dag geskeduleer nie, maar gewaarsku dat die kragnetwerk na verwagting teen die aand onder druk sal wees. Dit verhoog die moontlikheid dat beurtkrag toegepas sal moet word.
Zimbabwiërs kan nou baie Zimdollar vir min dollar ruil
Van Maandag kan Zimbabwiërs hul waardelose Zimdollar vir Amerikaanse dollar omruil.
Verkragter wat homself as polisiekaptein voordoen vasgetrek
ʼn Man wat homself as ʼn polisiekaptein voorgedoen het en meer as ʼn jaar lank sy “pligte” by die Polokwane-polisiestasie uitgevoer het, is Donderdagaand deur die Valke vasgetrek.
Noordwes-man verkrag glo gestremde vrou
ʼn 26-jarige man van Tlhabane in Rustenburg, Noordwes, is Donderdag in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn verstandelike gestremde vrou verkrag het.
Gedagte vir die dag: Vreugde
Vir die regverdiges sal daar blydskap wees, hulle sal juig voor God, hulle sal vrolik en bly wees. (Ps 68:4)