Wat is die vinnigste manier vir ’n multi-triljoenêr om oornag brand-, brandarm te word? Nee, dis nie om die kroos vir ’n eendag-kriekettoets saam te neem en nie mooi beheer vir die aankoop van verversings oor die beursie te hou nie, maar ja, dit kan iemand in een dag liederlik terugsit.
Alles vir Maandag 15 Junie 2015
Die vensters van die Voortrekkers se bootvormige hartbeeshuisies
Hannes Raath, ’n kundige op die gebied van volksargitektuur, bekyk in hierdie week se artikel hoe die Voortrekkers ’n bootvormige hartbeeshuis gebou het en fokus in hierdie artikel van die reeks op die vensters van die soort huise.
“Skoolboelie” dam seun glo by oor tongring; “onnie” kyk toe
ʼn Video wat op sosiale media versprei word van ʼn vermeende boelievoorval in ʼn klaskamer van ʼn skool in Vereeniging, Gauteng, voor ʼn onderwyser wat skynbaar niks daaraan probeer doen nie, het mense warm onder die kraag.
Maroela Media Top 20: 15 Junie 2015
Brendan Peyper maak sy toetrede tot Maroela Media se Top 20 in die 19de plek met “Stop, wag, bly nog ‘n bietjie”.
Inkopiesentrum-kleuter: Ma verskyn in hof
Die ma van die tweejarige blondekopseuntjie wat Vrydag naby The Glen-inkopiesentrum in die suide van Johannesburg gevind is, sal Maandag in die hof verskyn op ʼn aanklag van kinderverwaarlosing.
Tiener-toneel lewer beste van die bestes
Die Nasionale Toneelspel-kompetisie vir hoërskoolleerders (geborg deur kykNET) het nie net nodige blootstelling aan dié bedryf gegee nie, maar ook leerders se vaardighede getoets.
Zimbabwe doen weg met Zim-dollar
Van Maandag kan Zimbabwiërs hul waardelose Zim-dollars vir Amerikaanse dollar omruil, aangesien Zimbabwe glo nou heeltemal met sy eie geldeenheid wil wegdoen.
Derduisende vlugtelinge stroom na Turkye
ʼn Vlugtelingdrama het hom Sondag op die grensgebied tussen Sirië en Turkye afgespeel. Duisende mense het van die stad Tall Abjad gevlug en teen die grensdraad na Turkye saamgedrom.
Luister: Gemeenskapsopleiding is een van die antwoorde teen misdaad
Die burgerregte-organisasie, AfriForum, het die afgelope jaar ‘n duisend mense in gemeenskappe opgelei om hulleself te beveilig. Hierdie soort opleiding sluit onder meer noodhulp, patrollie-opleiding asook teenverkragting- en selfverdedigingsopleiding in.
Boek: Die dag ná die rowers opgedaag het
Die 30 dae-reis in hierdie boek wil jou uitdaag om elke dag voluit te leef. Jy kan verwonderd én met behae ’n heildronk drink op die enkele leefbeurt wat jy het en die lewenseisoen waarin jy jou bevind, vier.
WAT Woord van die week: advokaat
Al ooit gewonder waarom ons die woord “advokaat” gebruik? Taaltoffie stel ondersoek in.
Geen beurtkrag vir Maandagoggend verwag
Eskom het Maandag gesê daar word geen beurtkrag vir die oggend beplan nie, aangesien die sukkelende kragvoorsiener genoeg opwekkingsvermoë het om aan die vraag na elektrisiteit te voldoen.
Meer as 750 vas ná Kaapstad-polisie toeslaan
Meer as 750 mense is die afgelope naweek in Kaapstad in hegtenis geneem vir ʼn verskeidenheid oortredings.
Luister: Maresa May en Morné Smit, nuwe bloed in die Afrikaanse liedjieskryfbedryf
Die liedjieskrywers, Maresa May en Morné Smit, het aan vanjaar se Afri-Visie-liedjieskryfkompetisie deelgeneem. Die twee het met Esté Meyer Jansen vanuit Kuilsrivier gesels oor wat die kompetisie vir die plaaslike musiekbedryf beteken en wat hulle daaruit geleer het.
Nuuskommentaar: SA se al-Basjir-handeling herskep Donker Afrika
Ongeag die afloop van die Omar al-Basjir-krisis, het Suid-Afrika nou ’n internasionale probleem. Die probleem word verdiep deurdat die ANC net te lank oor net te veel fronte erg verbrou het, en sy Mandela-kapitaal so vinnig in die internasionale gemeenskap verteer het.
Krugersdorp-ongeluk eis 6
Ses mense is Sondagaand dood en vier beseer toe twee ligte motorvoertuie mekaar reg van voor op die N14 naby Krugersdorp in Gauteng getref het.
Christa Steyn se dood gedenk
Cornel Stander en die orrelis Ockie Vermeulen bring hulde aan Christa Steyn, liedjieskrywer en pianis, met ‘n nuwe album.
Basjir dalk landuit ondanks hofbevel
Die Soedannese president Omar al-Basjir, ʼn voortvlugtende van die internasionale strafhof, sal na verwagting Suid-Afrika verlaat nog voordat owerhede kans gekry het om hom aan te keer en ondanks ʼn hofbevel in die Pretoriase hooggeregshof dat die land se owerhede nie mag toelaat dat hy die land verlaat nie.
SA Top 20 word 50: 1979 tot 1984
Vyftig jaar gelede is die heel eerste Suid-Afrikaanse Top 20, gebaseer op werklike verkope van kortspelers, op Springbok Radio uitgesaai. Daantjie gee in hierdie artikel ‘n terugblik op die treffers van 1979 tot 1984.
Twee motorfietsryers dood in Lanseria-ongeluk
ʼn Man en ʼn vrou is Sondagaand dood ná ʼn motorfietsongeluk in Ashantiweg naby Lanseria in Johannesburg.