Twee mans wat van moord beskuldig word, is naby Marikana in Rustenburg gestenig.
Lees meerAlles vir Dinsdag 16 Junie 2015
ToekomsVenster: Vriende as rolmodelle
Goeie vriende weet wanneer om te troos en te bemoedig – elkeen op sy manier.
10-jarige sterf toe hy in mielies vassit
Bennie Bezuidenhout (10), die jongste seun van Ben en Jeanet van die plaas Sterkloop in die Stoffberg-distrik in Mpumalanga, word Woensdag begrawe nadat hy in ʼn oortapwa vol mielies beland het.
Video: Oulikste wenke wanneer jy reis
Hierdie video bied baie handige en praktiese wenke wanneer jy plaaslik of oorsee gaan reis.
Swendelaars misbruik glo Gauteng-premier se naam
Die provinsiale regering in Gauteng het die publiek gewaarsku teen ʼn bedrogspul wat onder premier David Makhura se naam die ronde doen.
Metrobeamptes vas oor omkopery
Vier lede van die Johannesburgse metropolisie is in hegtenis geneem nadat hulle glo omkoopgeld van R5 000 geëis het om ʼn dossier te laat “verdwyn”.
Sien SA dan nie die gevaarligte flikker nie?
As enige rugbyondersteuner nog glo dat Suid-Afrikaanse rugby op die regte pad is, moet hy maar net die finale Superrugby-punteleer bestudeer.
Zuma het gesê hy sal nie Basjir se inhegtenisneming toelaat nie – Mugabe
Pres. Jacob Zuma het glo onderneem om nie die polisie toe te laat om die Soedannese president Omar al-Basjir in hegtenis te neem nie, het Robert Mugabe, voorsitter van die Afrika-Unie, Dinsdagoggend by ʼn perskonferensie na afloop van die AU-beraad, gesê.
Enorme skenking aan kinderhuis
Danksy ‘n skenking van R100 000 deur Solidariteit Helpende Hand sal die inwoners van die Gracia-sentrum, ʼn plek van veiligheid in Pretoria-Noord, se droom om ’n huis te hê, nader wees aan verwesenliking.
16 Junie: Afrikaners gedenk 22 000 konsentrasiekampkinders
“Niemand kan sy verskroeide aarde kies nie, maar mens het ’n keuse hoe jy jou verskroeide aarde gaan hanteer. Keuses te midde van ʼn verskroeide aarde kan toekoms skep of toekoms vernietig,” skryf Danie Langner.
Nuuskommentaar: Het my SA’nerskap saam met Basjir se vertrek gesterf?
Die nuus dat Suid-Afrika sienderoë, en weerwil van ’n hofbevel, toegelaat het dat ’n vermeende massa-moordenaar die land verlaat, het ’n skok deur daardie laaste deel van Suid-Afrikaanse lojaliteit gejaag. Gelukkig is lojaliteit teenoor die land, en lojaliteit teenoor ’n verrotte regering nie dieselfde ding nie.
Geen beurtkrag Dinsdagoggend nie
Eskom het Dinsdagoggend bevestig hy pas nie tans beurtkrag toe nie, aangesien daar voldoende kragopwekking beskikbaar is om aan die aanvraag te voldoen.
NWU-student sterf van breinvliesontsteking
’n Eerstejaarstudent van Oosterhof-dameskoshuis op die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus, is Maandagmiddag tragies weens die aansteeklike meningokokkale meningitis (breinvliesontsteking) oorlede.
Jeugdag ideale tyd om oor taalregte te besin, meen ATKV
Volgens die ATKV is Jeugdag die ideale dag om oor taalregte en die belang van moedertaalonderrig vir kinders te besin.
Jeugdag: Só sê die jeug
Daar is verskeie vakansiedae in Suid-Afrika, elk met ʼn stukkie geskiedenis. Vandag is Jeugdag, maar dié dag word nie noodwendig deur elke jongmens in Suid-Afrika gevier nie. Maar wat is die storie agter Jeugdag?
AfriForum vier nie Jeugdag nie
AfriForum Jeug gaan nie Dinsdag Jeugdag saam met die res van Suid-Afrika se jongmense vier nie, maar eerder begin om self ʼn beter toekoms te skep, het die burgerregteorganisasasie in ‘n verklaring gesê.
Gedagte vir die dag: Ons is God se kinders
Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is. (Rom 8:28)