Alles vir Donderdag 18 Junie 2015

Nuuskommentaar: ANC versus die grondwet is dit sedisie?

Internasionaal is daar ʼn toutrekkery oor die mate waartoe die grondwette en howe van lande die mag moet hê om verkose parlementêre verteenwoordigers se magte te beperk, maar dit lyk nie of die ANC-regering se ongedurigheid met die grondwet en howe veel met die oorhoofse beginsel te make het nie. Veel eerder lyk dit na ʼn poging om ʼn meerderheidstirannie tot stand te bring waar die regering min of meer ongehinderd kan maak en breek.