Hy is die een wat jou leer motor bestuur het. Hy het ja gesê vir die hond én jou ma oortuig toe sy eintlik nee gesê het. Hy is die een wat jou geleer het hoe om ʼn bal te gooi en hy het vir jou roomys vóór aandete gegee. Daar is niks wat jy vir jou pa hierdie Vadersdag kan gee wat genoeg dankie kan sê nie, maar ʼn kreatiewe geskenk is dalk ʼn goeie begin…
Alles vir Vrydag 19 Junie 2015
Video: Die Heuwels en Riana Nel span kragte saam
Die Heuwels Fantasties het gister ʼn splinternuwe musiekvideo bekendgestel vir hul liedjie Doen net wat ons wil, wat saam met Riana Nel opgeneem is.
Woord: kekkelbek
Taaltoffie ondersoek die betekenis van “kekkelbek” en “kekkelpraatjies”.
LUR gaan Curro-hoofde sien oor ‘rasskeiding’
Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, het Donderdagmiddag besoek afgelê by die Curro Roodeplaat Privaatskool in Kameeldrift, noord van Pretoria nadat nuwe aantygings van…
Video: Voortrekkers klim op Jeugdag Kranskop uit
Jeugdag is vroeër vandeesweek gevier en laerskoolleerlinge en Voortrekkers van die Kranskop-kommando het op dié dag die Kranskop uitgeklim en ʼn Voortrekkervlag gehys om ʼn groter bewustheid van die Voortrekkerbeweging te skep.
Eskom-verhore oor tariefverhoging dan gehou
Openbare verhore oor Eskom se aansoek om voorgestelde tariefverhogings sal aanstaande week begin, het die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) gesê.
Boek: Swemlesse vir ‘n meermin
Hanna skryf ’n lewensgids vir haar sussie Ariel (wat aan die einde van “Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom” gebore is) wat dié moet lees as sy eendag dertien is.
Goeie nuus: Tafelberg-foto wen internasionale kompetisie
Eric Nathan, ʼn fotograaf wat in Suid-Afrika en Engeland woon, het sopas met sy foto van Tafelberg die International Earth & Sky-kompetisie gewen.
Nuuskommentaar: Met Nommer 1 en EFF as vermaak op dreef is dit ’n wonder dat sirkusse nog oorleef
Die pseudo-parlementêre sirkus, met narre en marionette en al, gee nou werklike sirkusse stywe kompetisie. Maar ons kan nie net sit en springmielies eet terwyl die parodie voor ons afspeel nie, want dan word die demokrasie met regte soos minderheidsregte onder ons neuse uitgesteel.
VSA-kerkskietery: ‘Swartes neem die wêreld oor’
Dylann Storm Roof, die 21-jarige man wat daarvan verdink word dat hy nege mense doodgeskiet het in ʼn kerk in Charleston in die VSA, het glo aan ʼn vriend gesê swart mense neem die wêreld oor.
5 sterf ná bestuurder glo verkeerslig verontagsaam
Vyf mense is Vrydagoggend in Polokwane in Limpopo dood in ʼn botsing tussen twee voertuie.
Panayiotou en medebeskuldigdes saam in hof
Christopher Panayiotou word daarvan beskuldig dat hy die moord op sy vrou Jayde gereël het.
Man moor glo suster om huis te kry
ʼn Man wat daarvan beskuldig word dat hy sy gestremde suster met ʼn skerp voorwerp doodgesteek het, het Donderdag in die hof verskyn.
Resensie: ‘Sing Afrikaner sing’ – Bok van Blerk
Hoewel Bok getrou aan sy suksesresep bly, wys veral die laaste twee snitte dat hy nogtans nie gestagneer het nie. Daar is genoeg snitte op die album wat sy aanhangers tevrede sal stel, maar dis ook goed dat hy iets nuuts probeer het.
Curro-voorval: ‘Rasbehepte politici moet nie kinders misbruik’
AfriForum Jeug het die Gautengse LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi en ander politici en politieke partye daarvan beskuldig dat hulle onskuldige kinders misbruik om hul eie rasbehepte agenda te pas.
Resensie: Jakkals en Leo raak maats
Jakkie en Kevin het lank gewag voordat hulle hierdie CD uitgereik het, maar dit was die moeite werd, hoewel ’n mens voel dat Kevin dalk meer uit sy gemaksone moes beweeg en van Jakkie se poptreffers saam met hom moes sing.
Gedagte vir die dag: Alles nuut
Ek gaan ’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde skep; aan dié wat daar nou is, sal daar nie meer gedink word nie, hulle sal nie onthou word nie. Wees bly, en jubel sonder ophou oor wat Ek gaan skep: Ek gaan ’n Jerusalem skep wat vol blydskap is, sy inwoners sal vreug de hê. (Jes 65:17-18)