ʼn Groep laerskoolkinders spring in hierdie video 200 keer tou terwyl twee van hulle medeskoliere wild die tou in die rondte moet swaai om by te bly.
Lees meerAlles vir Maandag 22 Junie 2015
VF Plus sal volhou met stryd teen E-Tolwet
Die VF Plus het Maandag in ʼn verklaring gesê hy stem saam met die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (Outa) dat die ondernemings van adjunkpres. Cyril Ramaphosa nie strook met die regulasies oor nuwe e-tol-tariewe wat verlede week in die Staatskoerant gepubliseer is nie.
Motorfietsryer beseer in Margate-ongeluk
ʼn Motorfietsryer is in ʼn ernstige toestand nadat hy Maandagmiddag in Marinerylaan in Margate, KwaZulu-Natal, ʼn motor van agter getref het.
Sithole-moord: Vier verdagtes in hof
Die verhoor van die vier mans wat daarvan beskuldig word dat hulle die Mosambieker Emmanuel Sithole vermoor het, is Maandag in die Johannesburgse streekhof uitgestel.
Kêrel slaan vrou glo met klippe dood
ʼn 29-jarige man is in Dutywa in die Oos-Kaap in hegtenis geneem in verband met die moord op sy 44-jarige meisie.
SA regering ontken ‘geheime vergadering’ om Basjir te beskerm
Die regering het Maandag berigte ontken dat ministers in die veiligheidsgroepering ʼn geheime vergadering gehou het om die Soedannese president Omar al-Basjir die kans te gun om Suid-Afrika veilig te verlaat.
ToekomsVenster: Die gawe van vryheid
Ds. Jannie Pelser van die ToekomsVenster-inisiatief vra dat jy vandag sal bid oor vryheid.
Hongarye rig heining op teen vlugtelinge
ʼn Vier meter hoë heining word opgerig op die grens tussen Serwië en Hongarye.
Telkom-afleggings: ‘Wittes sal moet waai’
Ras sal een van die faktore wees wat Telkom tydens sy omstrede herstruktureringsproses in ag sal neem, het die vakbond Solidariteit gesê.
Geliefde Pta-egpaar sterf ure ná mekaar
“Hulle het die pad 40 jaar saamgestap. Nie eens die dood kon hulle skei nie. Hulle het hand-aan-hand die Hemel se poorte ingestap.” Só sê Tiena Ericksen, die dogter van die vriendelike slaghuiseienaars, Johan en Tiena Jansen van Kameeldrift in die noorde van Pretoria, wat albei verlede week skielik op dieselfde dag weens natuurlike oorsake gesterf het.
Drie in hof vir Brits-tiener se brandmoord
Drie mense wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn tienermeisie van Noordwes ontvoer en aan die brand gesteek het, het Maandag in die Brits-landdroshof verskyn.
Video: Ystydperk herleef in Sandton
‘n Uitstalling van die diere wat in die Ystydperk voorgekom het, is ‘n leersame winteruitstappie vir die hele gesin. Dié uitstalling is tot 8 Augustus by die Sandton Konvensie sentrum te sien.
Nuwe vrystellings: 22 Junie 2015
Bobby van Jaarsveld, Anaïs en Juan Boucher, asook Andries Vermeulen en Steve Hofmeyr het ‘n paar nuwe liedjies waarna jy kan luister.
Bfn-werkers val drie verdiepings ver
Spesialis-reddingswerkers is na ‘n konstruksieperseel in Bloemfontein ontbied nadat twee konstruksiewerkers ernstig beseer is toe hulle drie verdiepings ver geval het.
Maroela Media Top 20: 22 Junie 2015
Leah is vir die sesde week in die eerste plek op Maroela Media se Top 20, maar Jak de Priester en Juanita du Plessis skuif op na onderskeidelik die tweede en die derde plek.
Solidariteit Beweging sê steun toe aan teenkorrupsie-optog
Die Solidariteit Beweging het vandag bekend gemaak dat hy aan die optog teen korrupsie op 19 Augustus gaan deelneem.
Bekamp só boeliegedrag op skool
Skole kan nie meer bekostig om sonder ’n duidelike boeliebeleid te wees nie. Die boeliebeleid moet voorskrifte gee vir kinders, omstanders, onderwysers en ouers se gedrag.
21 Taalwetmatighede en die toekoms van Afrikaans
Afrikaans is een van net vier tale wat in die twintigste eeu kon moderniseer tot ’n volle funksionele taal, skryf Flip Buys.
Die voorbereiding van die klei- of grondvloer van bootvormige hartbeeshuisies
Hannes Raath, ’n kundige op die gebied van volksargitektuur, bekyk in hierdie week se artikel hoe die Voortrekkers ’n bootvormige hartbeeshuis gebou het. Hannes fokus in hierdie week se berig op die voorbereiding van die klei of grond vir die vloer van die soort huise.
Video: Bloed help jong fiksheidsinstrukteur se lewe red
Matt Lathan, ’n 26-jarige fiksheidsinstrukteur van Johannesburg het dokters verstom gelaat toe hy twee jaar gelede byna by die dood omgedraai het as gevolg van septisemie. Om verdere skade te vermy moes Matt talle bloedoortappings ontvang. Junie is bloedskenkingsmaand en hierdie video van die SANBS vertel Matt sy storie en bedank bloedskenkers vir hul bydrae.