Daar lê maande se herstel voor vir ʼn jong vrou van Stellenbosch nadat haar gesig deur ʼn boerboel verskeur is.
Alles vir Maandag 22 Junie 2015
Kuierplek skenk wins ná moord op uitsmyter
ʼn Gewilde kuierplek in Kaapstad se bekende Langstraat sal Maandag die dag se wins skenk aan die familie van ʼn uitsmyter wat Saterdag voor die kroeg met ʼn mes doodgesteek is.
‘Ma, ek is verveeld!’
HOE gaan jy jou kind besig hou hierdie vakansie?
Boek: Oase
Sarah word uit haar huisie in Kaapstad ontvoer. Sal Ariel daarin slaag om haar te vind? En sal kaptein Rassie Erasmus sy vooropgestelde idees en sinisme kan agterlaat en Sarah opspoor?
WAT Woord van die week: omroeper
Het jy geweet ‘n “omroeper” doen ook openbare aankondigings? Taaltoffie stel ondersoek in.
Nooddiensvoertuig in diewe se kloue
ʼn Reaksievoertuig van ER24 is Saterdagaand of Sondagoggend by ʼn paramedikus se huis in Klerksdorp gesteel.
`n Dag is `n lang tyd in rugby
`n Dag is `n baie lang tyd in rugby
Vrou steeds vermis ná sy van seiljag verdwyn
Carly Hill (58), wat vermoedelik van die seiljag afgeval het waarop sy en haar man was, word steeds vermis.
Kleuter verdrink in toiletemmer
ʼn Tweejarige kleuter van die Noord-Kaap het in ʼn emmer vol urine verdrink.
Bokooi vrek ná man haar verkrag
ʼn Gautengse man verskyn na verwagting Maandag in die Vereeniging-landdroshof nadat hy glo ʼn bok so erg verkrag het dat die dier gevrek het.
Nuuskommentaar: Ou SA vlag op ‘massamoordenaar’ se baadjie
Die kerkslagting wat glo deur die Amerikaner Dylann Roof gepleeg is het ’n Suid-Afrikaanse, of eerder ’n Afrikanerkinkel gekry toe foto’s toon dat hy afbeeldings van die ou Suid-Afrikaanse vlag en Rhodesiese vlag op sy hemp dra. Maar dis nie al geval waar die Afrikaner se internasionale beeld onder druk geplaas word nie, skryf Herman Toerien.
Beurtkrag Maandagaand moontlik
Eskom het gesê hoewel daar nie vroeg Maandag beurtkrag toegepas is nie, sal die moontlikheid daarvan toeneem tydens die aandpiektyd.
Vyfde verdagte vas ná ontsnapping uit Gauteng-hof
Die vyfde van sewe gevangenes wat op 8 Junie uit die Lenasia-landdroshof se aanhoudingselle ontsnap het, is in Eldoradopark in hegtenis geneem.
Gru-botsing in Vrystaat eis 9
Sewe volwassenes en twee kinders is dood tydens ʼn trompop botsing in die Vrystaat Sondagaand.
Talle vas in Jhb vir dronkbestuur
Die Johannesburgse metropolisie het meer as 210 mense die naweek in hegtenis geneem op aanklag van dronkbestuur.
‘DKD steur hom nie aan hofuitspraak’
Die vakbond Solidariteit het ʼn dringende aansoek in die arbeidshof gebring oor die departement van korrektiewe dienste (DKD) se beweerde verontagsaming van ʼn onlangse hofuitspraak.
Geen ongerymdhede rakende Theuns Eloff se skenking
Die Noordwes-Universiteit se raad het bevind daar was geen ongerymdhede rakende die skenking van R10 miljoen wat dr. Theuns Eloff, voormalige visekanselier van die NWU, aan ʼn trust gemaak het nie.
Twee dood ná skietgeveg in Pretoriase Moot
Twee gewapende rowers is doodgeskiet en ʼn derde gewond tydens ʼn skietgeveg met die polisie in die Pretoriase Moot.
Resensie: Droom – Alexander
Dis jammer dat daar net vyf snitte op hierdie album is, want dit is duidelik dat Alexander een van die beter nuwe kunstenaars is wat onlangs tot die musiekbedryf toegetree het.
Resensie: Afrikaanse meisies – Gerhard Steyn
As jy geen ander liedjie van Gerhard as “Baby tjoklits” ken nie, moet jy dalk hierdie album by jou versameling voeg. Daar is genoeg goeie snitte om dit die moeite werd te maak.