ʼn Groep inkopiegangers het soos domino’s op mekaar geval toe ʼn roltrap in ʼn winkelsentrum in Maleisië skielik agteruit begin beweeg het.
Lees meerAlles vir Dinsdag 23 Junie 2015
PJ Powers ontsteld oor Tops-advertensies
PJ Powers se bestuurder het in ʼn verklaring gesê die sangeres is baie ontsteld oor TOPS at Spar-drankwinkels wat haar naam glo onregmatig as deel van ʼn nuwe veldtog gebruik.
Vyf verhoorafwagtendes ontsnap in Limpopo
Vyf verhoorafwagtendes het Dinsdagmiddag uit aanhouding in Malamulele in Limpopo ontsnap.
Verdagtes beseer in skietery met polisie
Twee persone, albei 28 jaar oud, is Dinsdag in ʼn stabiele toestand na ʼn hospitaal in Durban, KwaZulu-Natal geneem ná hulle in ʼn skietgeveg met lede van die provinsiale taakspan beseer is.
KZN-huurmoordenaar sit lank
ʼn Huurmoordenaar is Dinsdag in die Pietermaritzburg-hooggeregshof gevonnis nadat hy op alle aanklagte teen hom skuldig bevind is, waaronder die moord van ʼn onderwyser en tiener in KwaZulu-Natal.
ToekomsVenster: Lewenskeuses
Daar is ‘n magdom keuses elke dag. God se waardes kan jou help met hierdie groter keuses, sê ds. Jannie Pelser van die ToekomsVenster-inisiatief.
Video: Samsung maak dit veiliger
Vragmotors is die bron van angs by vele motoriste, maar Samsung het ʼn goeie manier gekry om padverbruikers se spanningsvlakke so klein bietjie te verlaag.
Limpopo-selfmoord: Meisie was glo depressielyer
Die matriekmeisie van Mookgopong in Limpopo wat Maandagaand haarself in haar koshuiskamer gehang het, was glo ʼn depressielyer wat mediese en sielkundige behandeling ontvang het.
Plet-onnie in hof ná hy glo met seun lol
ʼn 42-jarige onderwyser wat daarvan verdink word dat hy ʼn tienjarige skoolseun seksueel aangerand het, het Dinsdag sy eerste verskyning in die Plettenbergbaai-landdroshof in die Wes-Kaap gemaak.
Familie van vermoorde KZN-man gesoek
Die familie van Erich Dorr, ʼn 69-jarige man van Pinetown in KwaZulu-Natal, is nog nie opgespoor nadat sy liggaam Donderdag in die veld buite sy huis gekry is nie.
Wen: Ballade vir ʼn Enkeling op DVD
Hierdie kompetisie is gesluit. Die fliek, Ballade vir Enkeling, word op 26 Junie op DVD uitgereik en vyf gelukkige Maroela Media Lesers kan elk een van dié DVD’s wen.
Twee beboet nadat hulle apies drank voer, mishandel
Frikkie Bosch en Joyce Marais is in die Zastron-landdroshof aan dieremishandeling skuldig bevind nadat hulle onder meer ʼn Capuchin-apie brandewyn en Coke gevoer het.
Charleston-‘massamoordenaar’ se baadjie: Waar of wolhaar?
Is die foto van Dylann Roof, die 21-jarige sogenaamde Charleston-“massamoordenaar”, waar hy met twee vlae op sy baadjie pronk digitaal met ’n fotoredigeringsprogram gewysig?
Afrikaans 90: Daar is werk in Afrikaans
“As taalgemeenskap beskik ons oor uiters bekwame rolspelers wat baie kan bied aan ’n globale en eie wêreld,” skryf Karen Meiring.
Boek: Op Die Punt Van My Tong: 80 Tawwe Tongknopers
Jaco Jacobs se bekroonde kinderverse is gewild by skole, kunswedstryde – en veral op duisende Afrikaanse kinders se boekrakke, waar dit ‘n ereplek verdien. Hierdie splinternuwe versameling tongknopers en snelsêers sal sorg vir ure se lekkerlag-pret!
Foto’s: Première van Hollywood in my Huis
Die première van die nuwe plaaslike rolprent Hollywood in my Huis is gisteraand in Johannesburg gehou. Christia Visser, Edwin van der Walt, Leandie du Randt, Louw Venter en Nicola Hanekom wat almal in die fliek te sien is, het die geleentheid bygewoon.
Resep: Ouma Tom se vleispastei
Dit is maklik om te maak, misluk nooit en is ‘n aangename tweede vleis op die spyskaart. Daarby is dit ekonomies.
KZN-huurmoordenaar gevonnis
ʼn Moordenaar wat gehuur is om ʼn onderwyser van KwaZulu-Natal dood te skiet, word Dinsdag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg gevonnis.
Onnie vas ná hy glo met jong seun lol
ʼn Onderwyser van ʼn laerskool in Plettenbergbaai in die Wes-Kaap is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn 10-jarige seun seksueel aangerand het.
Bekende Hollywood-komponis sterf in vliegongeluk
Die bekende Hollywood-komponis, James Horner, het Maandag in die ouderdom van 61 in ’n vliegongeluk gesterf, berig The Hollywood Reporter.