Op Anthony Palmer en Michelle Hall van Tennessee se troudag was dit nie die bruid wat die aandag gesteel het nie, maar haar vierjarige dogtertjie.
Lees meerAlles vir Woensdag 24 Junie 2015
Francois Pienaar: ‘1995 bring steeds vloed van emosies’
Die oorlewende lede van die 1995-Springbokspan het Woensdag op Ellispark saamgetrek om hul Wêreldbeker-oorwinning van presies twintig jaar gelede te vier.
Christopher Panayiotou-borgtog: ‘Landdros het fout gemaak’
Christopher Panayiotou word beskuldig van die huurmoord op sy vrou Jayde.
EFF-LP’s uitgeskop oor Ramaphosa-aanmerking
Julius Malema, leier van die EFF, en sy mede-LP’s is Woensdag versoek om die parlement te verlaat nadat hulle geweier het om ’n aanmerking oor adjunkpresident Cyril Ramaphosa terug te trek.
‘Korrupte Tshwane-kontrak gaan Pretorianers nóg R400 m. kos’
Die ooreenkoms rakende voorafbetaalde elektrisiteitsmeters gaan Pretorianers na raming ʼn verdere R400 miljoen uit die sak jaag.
Al-Basjir-sage: Hof vra dat klagte teen regering oorweeg word
Die hooggeregshof in Pretoria het die nasionale direkteur van openbare vervolging Woensdag versoek om die moontlikheid van strafregtelike klagte teen de regering rakende die Omar al-Basjir-sage te oorweeg.
ToekomsVenster: Verskillende stemme
Die lewe vra versigtigheid en verstandigheid van ons en dat ons opreg sal probeer te wete kom wat die Here wil hê ons moet doen.
Video: Negejarige se verhaal gryp harte aan
“Ek moet fokus op dit wat ek het, nie op dit wat ek nie het nie.” Die negejarige Ezra Frech beskou homself as ʼn atleet, en nie iemand wat gestremd is nie. As jy soms bietjie aanmoediging nodig het, is hierdie video vir jou bedoel.
Kinders wat soos hul poppe lyk
Die webwerf Bored Panda het ‘n lys van 20 kinders wat baie soos hulle poppe lyk, gepubliseer.
Twee erken verkragting van Amerikaanse onderwyser
Die twee mans wat in hegtenis geneem is op aanklag dat hulle ‘n Amerikaanse vrou op 14 Junie in die Tsitsikamma-gebied in Stormsrivier in die Oos-Kaap verkrag het, het Woensdag skuld erken.
Mains dink seker ook terug aan 1995
Ek wonder of die gewese All Blackafrigter Laurie Mains vandag (Woensdag) aan 20 jaar gelede terugdink, daardie dag in 1995 toe sy wêreld as afrigter inmekaargetuimel het toe die Bokke die Wêrebekereindstryd met Joel Stransky se wenskepdoel beklink het.
Dit was ʼn onvergeetlike dag…
Dit is 24 Junie – die twintigste herdenking van daardie onvergeetlike Saterdag in 1995 toe die Amabokoboko volksbesit geword het na die Springbokke die Wêreldbeker gewen het.
‘Lesufi teiken Afrikaanse skole’
Solidariteit Helpende Hand het in ’n sterk bewoorde ope brief aan die Gautengse LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, uitgevaar teen die departement se aanvalle op Afrikaanse skole.
Ope brief: Koester Afrikaanse skole; moet hulle nie kasty nie
“Mnr. Lesufi, u het ’n indrukwekkende “struggle-CV”, maar u gebrek aan opvoedkundige opleiding en kennis laat u beslis in die steek,” skryf dr. Danie Brink.
Dié een was vir jou, oupa George
“Ek is ’n positiewe, jong Vrystaatse Afrikanerseun. Dít in ’n samelewing waar my suster al amper verkrag, my broer in ons huis deur rowers aangehou is en ek my oupa George deur ’n plaasmoord verloor het.”
Beurtkrag Woensdag weens ‘tegniese foute’
Eskom het aangekondig dat hy van Woensdagmiddag af beurtkrag sal toepas.
Die harde werklikheid oor persvryheid in Suid-Afrika
ʼn Harde werklikheid het oor die afgelope twintig jaar die land egter getref, naamlik dat grondwetlike “waarborge” in teorie nie noodwendig beteken dat iets in die praktyk gebeur nie, skryf Ernst Roets.
Linden-gesin emigreer na huisroof
Die eienaar van die huis in Linden, Johannesburg waar 35 mense Saterdagaand deur gewapende rowers aangehou is, het gesê sy gesin sal binne die volgende drie maande na Nederland emigreer.
Gedig: Winter
NP van Wyk Louw se gedig, “Winter” uit “Vier gebede by jaargetye in die Boland”
Pasop hiervoor wanneer jy reis
Die lekkerste van reis is om nuwe kulture te ontdek en mense se manier van doen te leer ken. Maar daar is sekere gebare wat nie vergewe sal word nie, al is jy ʼn onskuldige toeris