Ek wonder of die gewese All Blackafrigter Laurie Mains vandag (Woensdag) aan 20 jaar gelede terugdink, daardie dag in 1995 toe sy wêreld as afrigter inmekaargetuimel het toe die Bokke die Wêrebekereindstryd met Joel Stransky se wenskepdoel beklink het.
Alles vir Woensdag 24 Junie 2015
Kind brand dood ná woonstel vlamvat
ʼn Kind, vermoedelik tussen ses en nege jaar oud, is dood nadat ʼn brand Dinsdagaand in ʼn woonstel in Roodepoort, in die weste van Johannesburg, uitgebreek het.
Boeties sterf in ongeluk: ‘Geen ouer moet ʼn kind begrawe’
ʼn Roudiens word Donderdag vir Stiaan (16) en Coetzee (6) van der Walt gehou nadat hulle die naweek in ʼn gru-ongeluk buite Musina in Limpopo oorlede is.
Pta-veiligheidswag glo eers beroof en toe in hegtenis geneem
Die Brooklyn-polisie het ʼn veiligheidsbeampte in hegtenis geneem vir sy beweerde betrokkenheid by ʼn gewapende roof Dinsdag by Hatfield Plaza in die ooste van Pretoria.
‘Treurgrond’ is die harde werklikheid
Ek en my vrou het ‘Treurgrond’ gaan kyk. ‘n Ontstellende, harde werklikheid. Ek skryf nie ‘n resensie oor die film nie, daarvan is daar genoeg. Wat sleg is, is dat ons moet sê dat die werklikheid veel erger is.
Die koning van treffersparade
Ed Sheeran se “Thinking out loud” is die afgelope 52 weke op die Britse Top 40 treffersparade. Dit is die eerste keer in dié land se geskiedenis dat ʼn liedjie vir ʼn jaar op die Top 40 bly.
LP’s besoek dán Nkandla
“Miskien is hulle gelukkiger met hierdie verslag.”
Natuurliefhebbers gaande oor dié foto
Tiaan Steynberg, ʼn fotograaf van Johannesburg, se foto van ʼn wildekat wat voor ʼn rooikat uit ʼn boom vlug, het natuurliefhebbers gaande.
Nuuskommentaar: Zuma se “veeldelige parlement”
Terwyl Suid-Afrika skynbaar sy bes doen om hom by die modderploeterende Afrikalande te skaar, is daar oorgenoeg voorbeelde van ander Afrikalande wat net tydelike lippediens aan hierdie modderpoel lewer en dan met enorme projekte vooruitboer. Terwyl ander Afrikalande ander forums gebruik om hul eie buitelandse beeld te verbeter, word die energie hier ingespan om pres. Jacob Zuma staande te hou.
3 sterf ná 2 trokke trompop bots
Drie mense is dood nadat twee vragmotors Woensdagoggend naby Howick in KwaZulu-Natal mekaar reg van voor getref het.
NKaap-speaker se man aangekla van 4 moorde
Die Noord-Kaapse speaker se man is aangekla van vier moorde, waaronder die moord op sy vrou.
Egpaar bedrieg kerk glo uit miljoene
ʼn Egpaar van Oos-Londen is Dinsdag vasgetrek nadat hulle glo die plaaslike Twaalf Apostels Kerk in Christus uit miljoene rande bedrieg het.
Boek: Die Wondêrwereld Van Goggas
Met 48 bladsye propvol prettige feite, volkleurfoto’s en hope aktiwiteite, speletjies en kopkrappers waarmee jy die wonderwêreld van insekte en ander goggas kan verken, is hierdie boek gewaarborg om jong diereliefhebbers se tone te laat omkrul van lekkerkry!
‘Barmhartige Samaritaan-verkragter’ in Kimberley vasgetrek
ʼn 46-jarige man, wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn paar vroue in die Kimberley-omgewing in die Noord-Kaap verkrag het, is by sy huis in Roodepan in hegtenis geneem.
Lughawe-bende word met 16 ander misdade verbind
Twee vermeende rowers wat Sondag in ʼn skietery met die polisie dood is, word met minstens 16 ander misdade verbind.
Adam Tas laat countrylegende herleef
Hy was die onderwerp van die rolprent “Walk the line”, en nou herleef Johnny Cash se musiek opnuut nadat Adam Tas hulde aan hom gebring het.
Luister: Só sê kenners oor voorgestelde Eskom-verhogings
Eskom se ontydige kragtariefverhogings kan lei tot beperkte voedselvoorsiening in Suid-Afrika.
Gedagte vir die dag: Laat woede bedaar
’n Sagte antwoord laat woede bedaar; ’n krenkende woord laat woede ontvlam. (Spr 15:1)