Zuma is soos die stout kind wat as aandagvraat sorg dat meningsvormers belangrike sake laat links lê en lustig aan die Zuma-bashing meedoen. Nou het hy weer met sy Marikana-uitsprake ʼn klomp landmyne laat afgaan.
Alles vir Donderdag 25 Junie 2015
Foto’s: Reuse-luislang kom tweede ná hy ystervark sluk
WAARSKUWING: Die foto’s kan sensitiewe kykers ontstel.
Resep: Wildskenkel op gesteelde lamresep
Die sjerrie gee voorwaar ‘n ryk en raar smaak aan die resep se sous.
Skouspel skuif en word SuperSkouspel
Huisgenoot-Skouspel, die gewilde Afrikaanse musiekkonsert wat die afgelope 15 jaar by Sun City gehou is, word vanjaar in die FNB-stadion in Johannesburg aangebied as SuperSkouspel.
Aurora-uitspraak vandag gelewer
Ná ʼn uitgerekte regstryd van langer as vyf jaar sal die Noord-Gautengse hooggeregshof Donderdag uitspraak lewer in die omstrede hofsaak teen verskeie direkteure van Aurora Empowerment Systems.
‘Hy sal in die tronk vrot’
ʼn Berugte moordenaar van die Oos-Kaap is ʼn swaar gevonnis opgelê nadat hy jare lank ʼn skrikbewind gevoer het.
200 ploftoestelle in bus gekry
Tweehonderd ploftoestelle is in ʼn bus by die Beitbrug-grenspos gekry.
Vroue vas oor Uitenhage-beeld se skending
Twee vroue is in hegtenis geneem vir die skending van ʼn oorloggedenkstandbeeld op Uitenhage se markplein wat oor die naweek met verf besmeer is.
Boek: StilWo(o)rd
Marietha is nie ʼn predikant of teoloog nie, maar ʼn gewone ma met vyf kinders met al die drama wat daarmee gepaardgaan. Sy leer ons dat jy in die klein dingetjies wat gebeur iets van die Here sien.
Boston-bomplanter vra vergifnis; kry doodstraf
Dzhokhar Tsarnaev (21), die bomplanter van die Boston-marathon, het Woensdag om gevra dat sy slagoffers en hul geliefdes hom vergewe, kort voor hy die doodstraf opgelê is.
Só gaan staat Eskom help
Twee wetsontwerpe wat Eskom se balansstaat met nagenoeg R50 miljard sal versterk, het die groen lig in die Nasionale Vergadering gekry.
As die rykes ‘moan’, wat moet die armes doen?
My dogters weet ons is ryk. Skatryk. Ryker as die meeste mense op aarde – ons bly byvoorbeeld in ʼn baksteenhuis, het krag wat gereeld trip en ek en Marina het elkeen ons eie kar. Dis belangrik dat hulle dit weet. Niks is erger as rykmense wat ‘moan’ nie.
Kaapstad wil brug na Ingrid Jonker vernoem
Kaapstad wil verskeie brûe in die stad vernoem na bekende inwoners wat ʼn belangrike bydrae tot die stad se geskiedenis gelewer het.
Gedagte vir die dag: Materialisme
Moenie vir julle skatte op aarde bymekaarmaak waar mot en roes dit verniel en waar diewe inbreek en dit steel nie. Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar, waar mot en roes dit nie verniel nie en waar diewe nie inbreek en dit steel nie. Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees. (Matt 6:19-20)