ʼn Vlieënier sal voortaan seker maak daar is geen ongenooide gaste nie wanneer hy met sy mikrovliegtuig gaan vlieg.
Lees meerAlles vir Vrydag 26 Junie 2015
Man in hof oor Top Billing-aanbieder se dood
ʼn Man het Vrydag in die Randburg-landdroshof verskyn in verband met die ongeluk waarin die Top Billing-aanbieder Simba Mhere dood is.
Polisieman vas ná hy glo kollega doodskiet
ʼn Beampte van die Sterkspruit-polisie in die Oos-Kaap is in hegtenis geneem nadat hy een van sy kollegas doodgeskiet en nog een gewond het.
Video: Jeremy Clarkson maak glo ‘grappie’ oor Oscar Pistorius
Jeremy Clarkson, voormalige aanbieder van Top Gear, is opgeneem waar hy glo tydens die Clarkson, Hammond and May Live-motorvertoning in Johannesburg ʼn ‘grappie’ gemaak het oor Oscar Pistorius.
Vrou skenk geboorte in grot
ʼn Vrou het Vrydag geboorte gegee in die Sterkfontein-grotte aan die Wes-Rand.
ToekomsVenster: Verantwoordbaarheid
Vir ons lewenskeuses is daar min dinge so gerusstellend as dat jy ‘n vriend het wat saam met jou bid, teenoor wie jy mag bely en by wie jy geestelik veilig voel.
Minstens 27 dood in aanval by Tunisiese strandoord
Minstens 27 mense is doodgeskiet in ʼn aanval by ʼn strandoord in Sousse, Tunisië.
Brandstofpryse styg weer
Die departement van energie het Vrydag aangekondig dat brandstofpryse aanstaande Woensdag styg.
Luister: ʼn Paar vrae aan die spanningskrywer Rudie van Rensburg
Esté Meyer Jansen het vir die skrywer Rudie van Rensburg gevra om meer te vertel oor sy skryfproses en die antiheld-speurder van sy gewilde spanningsverhale.
Video: Só werk Op die Spel
Maroela Media het ʼn draai gaan maak op die stel van dié nuwe program ‘Op die Spel’ en met die beoordelaar, Gerhard van Huyssteen, asook die aanbieder, Rian van Heerden, gesels.
Luister: Junior burgemeester sê Pta is ʼn stad van geleenthede
Philissa Reyneke van Afrikaanse Hoër Meisieskool is onlangs as die nuwe burgemeester van Pretoria se junior stadsraad aangewys.
‘Curro-skool bewys van nog politieke boewery’
Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, se minagting van die Grondwet en sy boelie-agtige intimidasie van Afrikaanse skole kan nie langer geduld word nie, het die Vryheidsfront Plus gesê.
Video: Tertius Kapp kry Hertzogprys
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het 14 van die land se voorste kreatiewe denkers in Afrikaans vereer vir hulle bydraes tot letterkunde, joernalistiek, musiek en navorsing.
Lesufi gee Curro nog een kans
Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, het sy besluit om Curro Roodeplaat se bedryfslisensie op te skort, teruggetrek en die skool tot einde Oktober gegee om verskeie maatreëls in plek te kry.
Resensie: Hollywood in my Huis – dit gaan die hartsnare roer
Daar is geen ander woord om Hollywood in my Huis te beskryf as magies nie. Lanklaas was daar ʼn fliek wat dinge soos jong liefde, hoërskool en matriekafskeid so eg uitgebeeld het soos dié fliek.
Video: Mamba kan nie seil nie!
Die gebruiker Kruger Sightings het ʼn video van ʼn swart mamba, wat skynbaar nie oor die pad kan seil nie, op YouTube gelaai.
Foto’s: Toeris kritiek ná duikvoorval
ʼn Vrou is in ʼn kritieke toestand nadat sy in die moeilikheid beland het tydens ’n duikuitstappie in Shelly Beach aan die KwaZulu-Natalse suidkus.
Maak jou huishouding elektrisiteitselfstandig
Almal sal moet inspring: as dit nét van Eskom as staatsonderneming afhang, sal die ligte in Suid-Afrika nie bly brand nie.
Klop beurtkrag; word energie-slim met Solidariteit en KragDag se hulpgids
Die vakbond Solidariteit het vandag in samewerking met die KragDag Ekspo ʼn hulpgids vir groter elektrisiteitselfstandigheid bekendgestel. Die gids word op die eerste dag van dié jaarlikse selfdoen-ekspo by die Diamantvallei-landgoed buite Pretoria bekendgestel.
Woord: smulpaap
Het jy geweet ‘n “smulpaap” is ‘n lekkerbek? Taaltoffie stel ondersoek in.