Hierdie video bied ongelooflike beeldmateriaal wat wys hoe ʼn trop leeus ʼn rooibok se sprong verwag en hom dan kan aankeer.
Lees meerAlles vir Dinsdag 30 Junie 2015
Drie beamptes word ondersoek ná verhoorafwagtendes ontsnap
Drie polisiebeamptes van die Lenasia-landdroshof word ondersoek ná sewe verhoorafwagtendes vroeër vandeesmaand ontsnap het.
Versoek om met SA’ner se ontvoerders te praat
Die Suid-Afrikaanse liefdadigheidsorganisasie Gift of the Givers het Dinsdag ʼn pleidooi op YouTube gelewer vir Stephen McGown se ontvoerders om met hulle kontak te maak.
Stellenbosch-bylmoorde: Marli in familie se sorg geplaas
Die Wes-Kaapse hooggeregshof het Marli van Breda, die tienermeisie wat ʼn bylaanval op haar gesin oorleef het, in die sorg van ʼn oom en tannie geplaas, het Louise Buikman, senior regsadviseur wat deur die hof aangestel is om haar belange te beskerm, gesê.
Polisieduikers op soek na man se liggaam
Die polisie in Noordwes is op soek na ʼn man van Zimbabwe wat vermoedelik in ʼn plaaslike dam verdrink het.
Onskuldige Pta-man vry ná 11 jaar agter tralies
ʼn Man wat 11 jaar lank agter tralies was vir ʼn misdaad wat hy nie gepleeg het nie, het Vrydag uiteindelik uit die Kgosi Mampuru II-gevangenis in Pretoria na sy vryheid gestap.
ToekomsVenster: Skuldgevoelens
Johannes help ons om te verstaan dat ‘n mens se gewete ten doel het om ons aan te spoor om die regte dinge te doen. Dit is baie belangrik dat ons liefde oorgaan in dade.
Luister: Hier is die wenners van LAPA se Jeugromankompetisie
Die 2015-wenners van LAPA se Jeugromankompetisie is vandag bekend gemaak en lesers kan uitsien na drie splinternuwe jeugromans wat eersdaags verskyn.
Die koning van rose
Volgens Ruth Stout is daar vrede in ʼn tuin. Vrede en resultate. Ludwig Taschner, eienaar van Ludwig’s Roses, sal dit sekerlik kan beaam.
Video: Duisende nuwe woorde in HAT
Al ooit gehoor van die woorde “blieng” en “skorro-skorro”? Dit is maar net ‘n handjievol van die 3 228 nuwe trefwoorde wat in die sesde uitgawe van die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal opgeneem is.
Liggaam op Tafelberg uitgeken
Die identiteit van die persoon wie se liggaam voorverlede week op Tafelberg gevind is, is bekend gemaak.
Video: Bou jou eie spaarsleutel-wegsteekplek
Hierdie video verduidelik vir jou hoe om baie eenvoudig vir jouself ʼn houertjie te bou waarin jy ʼn spaarsleutel vir jou motor kan wegsteek.
Limpopo-skoolseun dood toe bakkie oor hom ry
ʼn 17-jarige leerling van Louis Trichardt in Limpopo is Dinsdag dood nadat hy in ʼn motorfietsongeluk betrokke was.
Video: Sy kon rotsklim voor sy kon loop
Ellie Farmer, wat binnekort haar tweede verjaardag vier, is ʼn ywerige rotsklimmer en video’s van dié klein lyfie wat die hoogtes aandurf is baie gewild op sosiale media.
Afrikaans 90: Afrikaans is jou ID
Veeltaligheid is die realiteit, die norm. Eentaligheid, daarenteen, is die uitsondering en eintlik verarmend, skryf Ria Olivier van die Afrikaanse Taalraad.
Durban-vrou verdwyn spoorloos
Nicolene du Preez (25) het op 20 Junie spoorloos uit haar huis in Grey Park in die Bluff, Durban, verdwyn.
Nuwe sepie op kykNET & kie
M-Net se Afrikaanse kanale sal Maandag, 16 November ʼn splinternuwe sepie begin uitsaai. Suidooster is die eerste sepie wat in die Wes-Kaap afspeel en sal op kykNET & Kie (DStv kanaal 145) uitgesaai word
Video: Jy sal nie glo hoe die vrou ʼn TV steel nie
Kringtelevisiebeeldmateriaal van ʼn vrou wat ʼn platskerm-televisiestel steel, maak opslae op sosiale media.
NW-polisie soek groep plaasaanvallers
Die Mooinooi-polisie in Noordwes het ʼn grootskaalse soektog van stapel gestuur na ʼn groep van sewe verdagtes wat die naweek op ʼn plaas in die gebied toegeslaan het.
Talle aanklagte teen kroegeienaar wat glo kelnerin verkrag
Die kroegeienaar van Bloemfontein wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn kelnerin by ʼn sportkroeg in die stad verkrag het, sal Dinsdag weer in die plaaslike streekhof verskyn.