Dit gaan “baie beter” met die Burger-egpaar van Lüderitz, Namibië, wat verlede week in hul huis deur twee mans beroof en aangeval is.
Alles vir die maand Junie 2015
Uitdrukking: Deur die mat val
Al ooit gewonder waarom ons sê iets val “deur die mat” wanneer dit misluk? Taaltoffie stel ondersoek in.
Brandstofprys styg om middernag
Motoriste gaan om middernag duurder moet opdok vir brandstof.
Dodetal styg ná vliegtuig in woonbuurt neerstort
Minstens 20 mense is dood nadat ʼn Indonesiese lugmagvliegtuig in ʼn woonbuurt in die besige stad, Medan, neergestort het.
Resep: Pizza-horinkies
Voorbereiding: 40 minute plus rystyd.
Polisie op spoor van Pta-eiendomsmagnaat se moordenaar
Die Brooklyn-polisie is warm op die spoor van ʼn vermeende hawelose man wat na bewering Chris Orban (71), ʼn bekende eiendomsmagnaat van Pretoria, vermoor het.
Boek: Tem jou kind se tantrums
Die meeste ouers het al iewers langs die pad gevoel asof hul kind se buie die huishouding beheer. En dan praat ons nie eers van daardie skaam-my-dood-oomblikke in die winkel waar jy regtig nie weet wat om te doen nie … James Dobson het raad in Tem jou kind se tantrums.
Slagoffer help self ‘diewe’ vastrek
Drie mans is in hegtenis geneem op aanklag van diefstal en die besit van gesteelde goedere nadat hulle ʼn man beroof het naby Muizenberg in die Wes-Kaap.
Video: Maak jou eie ‘minion’
Met kinders in die huis is die kans baie goed dat jy die “minions” ken. As jy nie kinders het nie, en jy weet steeds wie hulle is … wel, tien uit tien vir jou! YouTube-gebruiker DaveHax wys jou hoe om dié karaktertjie self te maak.
Griekeland se toekoms in die weegskaal ná goedkeuring van referendum
Sondag moet die Grieke ja of nee stem.
Karoo se rondloperleeu uiteindelik gevang
Ná 25 dae op vrye voet en met ‘n prooi van 26 skape en ʼn koedoe, is die driejarige leeumannetjie wat uit die Karoo Nasionale Park ontsnap het Maandagmiddag uiteindelik in die Nuweveldberge, noordwes van Beaufort-Wes in die Wes-Kaap, aangekeer.
Resensie: ‘Ek reis na gister’ – Jak de Priester
Jak het weer met ’n uitstekende CD vorendag gekom. Nie net is daar snitte wat jou voete sal laat jeuk of jou sal laat lag nie, maar op ’n paar snitte laat Jak jou ook dink.
Jong man sterf ná trein hom tref
ʼn 19-jarige man is Maandagaand dood nadat hy deur ʼn trein in Queenswood, Pretoria, getref is.
Man kritiek ná hy deur dak val
ʼn 25-jarige man is in ʼn kritieke toestand nadat hy omtrent 30 m ver geval het deur ʼn dak van ʼn sakegebou in Vanderbijlpark.
Twee vas ná hulle probeer kaap
Twee mans is in die Oos-Kaap in hegtenis geneem op aanklag van poging tot kaping en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen.
Regering gaan appelleer teen Al-Basjir-uitspraak
Die Suid-Afrikaanse regering het bekend gemaak dat hy gaan appelleer teen die onlangse hofuitspraak oor die omstrede Soedannese president Omar al-Basjir se vertrek uit die land.
Gedagte vir die dag: Elkeen het ’n gawe
Aan elkeen van ons is ’n genadegawe gegee. En dit is die “gawes” wat Hy “gegee het”: apostels, profete, evangeliste, en herders en leraars. Sy doel daarmee was om die gelowiges toe te rus vir hulle diens en vir die opbou van die liggaam van Christus. (Ef 4:7, 11-12)
Polisieman troos kindjie met wiegeliedjie ná haar pa sterf
ʼn Polisiebeampte van Colorado in Amerika het ʼn tweejarige dogtertjie met ʼn wiegeliedjie getroos nadat haar pa in ʼn motorongeluk gesterf het.
Kroeg gesluit waar ses sterf ná trapreling meegee
Die Wes-Kaapse Drankowerheid het tydelik ʼn sjebien in Khayelitsha gesluit nadat ses vroue tydens ʼn stormloop op die trappe gesterf het. Nog twee vroue het daarna in ʼn motorongeluk gesterf op pad na die hospitaal.
Luister: Knysna-strande gesluit ná haai-aanvalle
Die strande in die Knysna-omgewing waar twee withaai-aanvalle die afgelope tyd voorgekom het, is vir ʼn onbepaalde tyd gesluit.