Die VSA gaan nou ’n ambassade in Kuba open ná meer as 50 jaar waarin Kuba vir alles wat boos is voorgehou is, en in Bloemfontein heet die voormalige CR Swart-gebou nou amptelik die Fidel Castro-gebou. Dit word al hoe belangriker om goed ingelig te wees sodat kernwaardes die individu en volk kan rig ongeag die wêreld wat verander.
Alles vir Donderdag 2 Julie 2015
VSA en Kuba open nuwe ambassades
Die vyandskap van meer as 50 jaar tussen Kuba en die VSA blyk ʼn einde te nader.
Resep: Kerrie-sampioensop
Dis dik, geurig en baie spesiaal. Dis die gunsteling van die akteur met die blou oë – Paul Newman.
Beampte verkrag vrou glo: ‘Vanaand maak ek jou my vrou’
ʼn Polisiebeampte is in hegtenis geneem nadat hy na bewering ʼn 25-jarige vrou in die aanhoudingselle van die Linden-polisiestasie in Johannesburg verkrag het.
Sussies sterf in gru-ongeluk: ‘Julle was my maats, dogters en kamerade’
“Vandag het ek hierdie twee dogters van my aan die dood afgestaan.”
Trein tref motor, twee beseer
Twee mense is beseer toe ʼn trein ʼn motor Donderdagoggend naby Ermelo in Mpumalanga getref het.
Een dood, vier beseer in Pta-botsing
ʼn Vrou is dood en vier mense is ernstig beseer in ʼn botsing Woensdagmiddag in Sefako Makgatho-rylaan (voorheen Zambezirylaan) in die noorde van Pretoria.
Regering verkoop belang in Vodacom vir Eskom-reddingsboei
Die regering het sy belang in Vodacom verkoop om ʼn kontantinspuiting vir Eskom te help finansier.
Twee babalykies in twee dae gevind
Die lykies van twee babas is onderskeidelik Dinsdag en Woensdag in Durban en Bloemfontein gevind.
Gedagte vir die dag: Die weduwee van Sarfat
Elia sê toe vir haar: “Moenie bekommerd wees nie. So sê die Here die God van Israel: Die meel in die kruik sal nie opraak nie, en die olie in die kan sal nie minder word nie, totdat die Here laat reën het op die land.” (1 Kon 17:13-14)