MacLaren-sirkus saam met die gemeenskapsradiostasie GrootFM ʼn gratis vertoning vir 600 behoeftige mense van verskillende organisasies in Pretoria aangebied.
Alles vir Vrydag 3 Julie 2015
Kabelkarre van Suid-Afrika
Bestyg die hoogtes saam met Marianne deur die lekkerste kabelkarritte in Suid-Afrika.
Fredi Nest verloor kankerstryd
Die geliefde Pretoriase sanger Fredi Nest is oorlede.
Nuuskommentaar: Plaasmoorde, volksmoord en die internasionale gemeenskap
Plaasmoorde het dié week weer op twee verskillende terreine in die nuus beland. Het die tyd nie aangebreek vir die minderhede in Suid-Afrika om hieroor en ander sake konsensus te bereik en kommentators wat steeds gister se oorlog voer en die probleme daarom onderspeel, eenkant toe te skuif nie?
Mango-vlug maak noodlanding ná passasier se dood
ʼn Mango-vlug onderweg na die Kaapstad-lughawe moes Dinsdag ʼn noodlanding in George doen nadat ʼn middeljarige man aan boord dood is.
Woord: positief
Positief word soms onnodig en verkeerdelik gebruik. Taaltoffie stel ondersoek in.
Twee sterf ná motorfiets voetganger tref
Twee mans is Donderdagaand dood nadat ʼn motorfiets ʼn voetganger in Muldersdrift, wes van Johannesburg, getref het.
Kovsies en Jansen vir miljoene gedagvaar
Die Universiteit van die Vrystaat (UV) en die universiteit se rektor, prof. Jonathan Jansen, word vir meer as R6 miljoen gedagvaar.
Duisende staan tou vir Mianmar se eerste KFC
Duisende honger klante het oor die afgelope drie dae na Yangon in Mianmar gestroom om die Amerikaanse kitskoswinkel KFC se kos te proe.
Kunstenaar se moordenaars word gevonnis
Vier mans wat verantwoordelik is vir ʼn reeks gewapende rooftogte, waartydens een van Suid-Afrika se bekende kunstenaars, Clinton de Menezes, dood is, word Vrydag in die hooggeregshof in Durban gevonnis.
Verdagte verdrink toe hy vlug
ʼn Vermeende huisrower is Donderdag in KwaZulu-Natal dood terwyl hy vir die polisie gevlug het.
Gedagte vir die dag: Volharding
Volharding is wat julle nodig het om die wil van God te doen en te ontvang wat Hy beloof het. (Heb 10:36)