Daar is gewoonlik niks ongewoon aan ʼn swerm voëls wat in ʼn boom sit nie, maar wanneer die vorm van die boom verander wanneer hulle saam wegvlieg, staan almal stomgeslaan!
Lees meerAlles vir Maandag 6 Julie 2015
UNPO aanvaar resolusies oor plaasmoorde en Afrikaans
UNPO gaan nou op die hoogste internasionale vlak druk op die Suid-Afrikaanse regering uitoefen om antwoorde te verskaf en op te tree teen plaasmoorde en die aanslag op Afrikaans as moedertaal-onderrigmedium.
Vyf ontsnap uit polisie-aanhouding
Vyf mans het Saterdag net voor middernag uit polisieaanhouding by die Hartbeespoort-polisieselle ontsnap.
Mamelodi weer rustig ná betogings oor busse
Gemoedere het bedaar in Mamelodi, Pretoria ná gewelddadige betogings oor busroetes waarvan die Putco-busmaatskappy vroeër gebruik gemaak het.
Prasa ontken ‘grootste tenderblaps’ vir nuwe treine
Prasa het Maandag gesê 13 ingevoerde nuwe diesellokomotiewe wat R600 miljoen gekos het, voldoen aan al die regulatoriese standaarde en maatreëls.
ToekomsVenster: Valse oortuigings
Herprogrammeer jouself sodat jou lewe in ooreenstemming kan kom met God se wil.
Video: Hou ʼn ogie oor alles
Die nuwe Nest Cam is spesiaal ontwerp sodat jy na jou huis en gesin kan omsien – selfs al is jy nie in die omtrek nie.
Vermiste hengelaar dood gevind
Hans Roelofsen, ʼn inwoner en hengelaar van Tweni naby Port Shepstone in KwaZulu-Natal, se liggaam is Saterdag opgespoor nadat hy vyf dae vermis was.
Video: Maak jou eie ‘Back to the future’-modelkarretjie
Dit is vanjaar 30 jaar sedert die immergewilde karakter Marty McFly van die fliek Back to the future op die grootskerm tussen die hede en die verlede rondgespring het. Die video wys vir jou hoe om ʼn modelweergawe te maak van die ikoniese motor wat in die fliek deur tyd kan reis.
Rowers slaan op Woolworths-winkel toe
Die bekende kettingwinkel Woolworths se tak in die Canal Walk-winkelsentrum in Kaapstad is Maandagoggend in ʼn rooftog geteiken.
Kommunisme verdruk en verarm werkers
Wanneer politici die ekonomie regeer, is armoede en vedrukking die noodwendige gevolg.
Motoris red drawwer wat ontvoer word
ʼn Vrou van Durban is Maandagoggend deur ʼn verbygaande motoris gered nadat sy deur drie gewapende rowers oorval en ontvoer is.
Op die radar: Blink toekoms wink vir jong musikant
Ashlinn Gray is slegs 18 jaar oud, maar het reeds ʼn hele paar treffers bekend gestel, insluitend haar nuwe enkelsnit Risking it all. Maroela Media het met haar gesels oor haar musiekloopbaan en waar sy haar inspirasie kry.
Afrikaans die inspirasie agter Adena se werk
Elke kunstenaar wil deur sy werk standpunt inneem of ʼn boodskap aan sy gehoor oordra. Adena Richardson se uitstalling “teRUG” is ʼn soeke na ʼn…
Foto’s: Prinses Charlotte se doop
Prinses Charlotte Elizabeth Diana is Sondag in die Mary Magdalene-kerk in Norfolk in die ooste van Engeland gedoop.
Motorfietsryer by saamtrek doodgesteek
ʼn Motorfietsryer is glo Saterdag by ʼn motorfietssaamtrek buite Polokwane in Limpopo deur ʼn ander motorfietsryer doodgesteek.
WAT Woord van die week: pierewaai en rinkink
Taaltoffie ondersoek die herkoms en gebruik van die woorde “pierewaai” en “rinkink”
New Horizons gee probleme amper by Pluto
Net tien dae voor die New Horizons-tuig van Nasa op 14 Julie by Pluto en sy mane verby gaan vlieg, het aardbeheer onverwags alle kontak met die tuig verloor.
Liggaamsdele langs vrou se lyk aangetref
ʼn Man is in hegtenis geneem nadat ʼn vrou se liggaam sonder haar neus, lippe en geslagsdele die naweek gevind is.
Luister: Michelle Botha op die planke met “Twee vir die prys van een”
Michelle Botha was te sien in die verhoogstuk Ons vir jou en The Sound of Music, maar baie mense sal haar onthou vir haar rol as Cornia in die televisiereeks Getroud met Rugby. Sy is nou saam met Lizz Meiring en Hannes Muller te sien in die komiese produksie Twee vir die prys van een en Maroela Media het met Michelle oor dié produksie gesels.