Floyd Mayweather is sy weltergewigtitel van die Wêreldboksorganisasie (WBO) kwyt.
Alles vir Dinsdag 7 Julie 2015
Luister: Ruda Landman oor groot besluite en nuwe program
Haar naam is amper sinoniem met Carte Blanche en vir 19 jaar lank was kykers gewoond daaraan om haar Sondagaande op televisie te sien. Nou is Ruda Landman weer Sondagaande terug op die kassie met ʼn splinternuwe program, VeranderDinge.
‘Padwoede-aanval’ lei tot moordsaak
ʼn 25-jarige man van Randfontein staan tereg op ʼn aanklag van moord nadat hy glo ʼn 59-jarige man ten aanskoue van sy lewensmaat en vier kleinkinders tydens ʼn vermeende padwoede-aanval in Krugersdorp geslaan het. Die man, Sakkie van Loggerenberg, het ʼn dag later in die hospitaal aan sy beserings beswyk.
Afrikaans 90: My ‘voeltaal’ is Afrikaans
“Terwyl my ‘dinktaal’ Engels is, is my ‘voeltaal’ Afrikaans,” skryf die bekende dramaturg, Deon Opperman.
Maroela Media Top 20: 6 Julie 2015
Elvis Blue, Leah en Juanita du Plessis beklee die eerste drie plekke in hierdie week se Top 20.
Verrassing-vierling nog lank in hospitaal
Dit sal nog meer as twee maande wees voordat die Emery-vierling van Johannesburg uit die hospitaal ontslaan word.
Uitdrukking: Al die henne op die werf
Taaltoffie stel ondersoek in oor ʼn paar idiome wat die woord “hen” bevat. Herken jy ‘n paar van dié henne onder jou kollegas of familielede..?
Boek: Clint Eastwood van Wyk en die moordenaarsklok
In die middel van die Moordenaarskaroo lê daar ‘n geheim so groot soos Google Earth. En ten minste vier keer so gevaarlik. Vir Clint Eastwood van Wyk en sy nefie Budde beteken dit ‘n vakansie propvol avontuur en onmoontlikhede.
Boek: Kwelvrae wat tieners vra
Jimi le Roux neem jongmense in Kwelvrae wat tieners vra terug na die Bybel vir antwoorde op húlle vra. Die boekie bevat 82 vrae wat Jimi onder tieners bymekaar gemaak het.
Nuuskommentaar: Is die SA-media té krities op ANC?
Die ANC het pas gekla dat minstens ’n deel van die Suid-Afrikaanse media te krities op hom is. Maar ook hierdie dikbekheid moet krities bekyk word.
Video: Sakeboek in braille gepubliseer
Die erepresident van die Suid-Afrikaanse Nasionale Raad vir Blindes sê dit is ’n skande dat so min sakeboeke in braille gepubliseer word.
Resep: Sedgwick’s warmsjokolade
ʼn Oorspronklike warmsjokolade-resep wat jou binneste lekker warm sal maak. Dis genoeg vir een persoon.
Pta-kleuter kritiek ná hy byna in bure se swembad verdrink
Danté Stroebel, ʼn driejarige kleuter van Pretoria, veg om sy lewe nadat hy die naweek byna in ʼn swembad verdrink het.
Beurtkrag Dinsdag ʼn moontlikheid
Eskom het ʼn beroep gedoen op verbruikers om energie-doeltreffende maniere te vind om warm te bly.
Solidariteit vs. Telkom: Dringende hofaansoek aangehoor
Die vakbond Solidariteit se dringende aansoek om ʼn interdik teen Telkom se beplande herstrukturering en afleggings te bekom, sal Dinsdag in die arbeidshof in Johannesburg aangehoor word.
Vrou sterf in ongeluk buite Potch
ʼn Vrou is dood toe haar motor teen ʼn tenkwa gebots het op die N12 buite Potchefstroom.
Saak teen Mdluli van rol geskrap
Die Pretoriase handelshof het Maandag die saak van bedrog en korrupsie teen Richard Mdluli, geskorste hoof van die misdaadintelligensie-eenheid, voorlopig van die rol geskrap.
Gedagte vir die dag: Wees heilig
Julle gees en gedagtes moet nuut word; lewe as nuwe mense wat as die beeld van God geskep is: lewe volkome volgens die wil van God en wees heilig. (Ef 4:23-24)