Twee Oos-Kaapse wetstoepassers sal Donderdag in die hof verskyn nadat hulle onderskeidelik vasgetrek is vir sameswering tot moord en vervalsing van inligting.
Lees meerAlles vir Woensdag 8 Julie 2015
‘Tegniese fout’ bring aandelebeurs tot stilstand
Die New Yorkse Aandelebeurs (NYSE) het Woensdagmiddag tot stilstand gekom weens ʼn onbekende tegniese rede.
20 sterf by inisiasieskole in Oos-Kaap
Ten minste 20 seuns in die Oos-Kaap is dood en 141 in hospitale opgeneem nadat hulle by inisiasieskole in die provinsie was.
Jong ma se skok-video maak opslae
ʼn Jong ma van Ierland het sosiale media aan die gons nadat sy ʼn skokkende video op Facebook gedeel het waar sy met ʼn blou oog wys dat sy die slagoffer van huishoudelike geweld is.
Regbank wil met Zuma vergader oor ‘ongegronde kritiek’
Die land se top-regters het versoek dat hoofregter Mogoeng Mogoeng met pres Jacob Zuma vergader om “herhaaldelike en ongegronde’ kritiek van die regsbank te bespreek.
Springs-ma vang ‘wonderwerk-baba’ in badkamer
ʼn Ma van Springs aan die Oos-Rand moes haar babadogtertjie noodgedwonge vang toe die nuweling onverwags haar opwagting in haar huis se badkamer gemaak het.
ToekomsVenster: Oortuigings wat bemagtig
Onthou, Hy gaan jou altyd voor. Jy moet maar net in gehoorsaamheid volg, al moet jy tussen “reuse” inbeweeg.
Foto’s: Man se ‘babahondjies’ toe eintlik bere
ʼn Man van China het onlangs ontdek dat die twee babahondjies wat hy vertroetel het, eintlik bedreigde swartbere is.
Brandmoord: ‘Brits-tiener het gepleit vir genade’
Die twee vroue wat ʼn skoolmeisie in Noordwes glo aan die brand gesteek het, is borgtog toegestaan.
‘Mooiste engel-sussies’ ter ruste gelê
Familie en vriende het Woensdag afskeid geneem van Carli (19) en Laurie (17) Huyser wat presies ʼn week gelede verongeluk het.
Skilder kry erkenning oorsee
‘n Opkomende skilder wat onlangs nog gesukkel het om in Suid-Afrika erkenning vir haar werk te kry, word nou oorval met uitnodigings na internasionale kunsuitstallings.
‘Ek is hier vir ʼn rede’ sê Caleb ná haai sy been afskeur
Caleb Swanepoel, die 20-jarige student wie se regterbeen 11 dae gelede in ʼn haaiaanval afgeskeur is, het Woensdag gesê hy is gevul met dankbaarheid dat hy lewe.
Tier glo in kop geskiet ná veiligheidswag aangeval is
ʼn Tier by Jugomaro Predator Park, die huis van die alombekende tier, Panjo, is Woensdagoggend glo in die kop geskiet nadat hy glo ʼn veiligheidswag aangeval het wat op die wildreservaat was om die diere, glo sonder hul eienaar se wete, na ʼn beweerde nuwe eienaar te skuif nadat die reservaat onder likwidasie geplaas is.
Ligte vliegtuig stort neer in Oos-Londen
Vyf mense is beseer, waaronder twee ernstig, toe ʼn ligte vliegtuig Woensdagoggend by die Oos-Londen-lughawe neergestort het.
Boek: Monstersaad
Hoe sal doktor Renata Malan weet of haar pa en oupa se gene haar ook eendag sal laat moor? Wat as die tyd aanbreek en sy kan die drang om te moor en vermink nie beheer nie? Wat as sy, ‘n forensiese sielkundige aan diens van ‘n privaat speuragentskap, in die een verander wat gejag word deur die polisie en mense soos sy?
Teater- en musiekoptredes nou ook vir dowes
Die organisasie Jazz Hands is verlede jaar gevestig vir die doel om teaterproduksies en ander regstreekse optredes meer toeganklik vir die dowe gemeenskap te maak.
Boek: Woestynroos
Kan ‘n verhouding terugkeer na ‘n platoniese vlak nadat twee vriende saam ‘n baba verwek het?
Hof steek stokkie voor Telkom-afleggings
Die arbeidshof in Johannesburg het Woensdag beveel dat Telkom se herstrukturering- en afleggingsproses gestaak word en dat die maatskappy sy afleggingskennisgewing moet terugtrek.
Goeie nuus: Skoolwerker maak jare later steeds harte warm
Hy bly vandag in ʼn ouetehuis in Carolina waar hy steeds harte warm maak.
Rekenaar gaan siektes voorspel
’n Rekenaar wat sekere siektes tot vyf jaar vooruit sal kan voorspel, word nou deur ’n Nederlandse navorser ontwerp.