‘n Ponie hardloop los in die strate rond. Lulu en haar pa moet die ponie gaan vang voordat hy seerkry. Sal hulle die ponie betyds kry?
Alles vir Woensdag 8 Julie 2015
Universiteit in rou na nóg ʼn Puk-student sterf
Die Noordwes-Universiteit is in rou nadat ʼn derde Puk-student in die afgelope drie weke dood is.
Nuuskommentaar: Hoe gepas is Afrika-sentrisme?
Is die regering se beheptheid met Afrika-sentrisme, en in wese eintlik swart Afrika-sentrisme, nie op opvattings van ’n skyngeskiedenis geskoei nie? In die proses, so lyk dit, trek die inwoners wie se voorouers reeds vóór die swart mense in die land was, ’n baie kort lootjie, terwyl diegene wat daarna of tegelyk met die swart mense gearriveer het, soos vreemdelinge in hul eie land beskou word.
Gedig: Groenspreeu
“Tierelier” en “ranonkelrooi” en “pimpelblou” – PW Buys se gedig, “Groenspreeu”, rol sommer so oor jou tong.
Op die radar: Jorine Rich gesels oor Boerseun
Jorine Rich se album ‘Boerseun’ is vroeër vanjaar op die Klein Karoo Nasionale Kunstefees in Oudtshoorn bekendgestel. Maroela Media het met haar gesels oor die inspirasie vir die album en sy vertel ook waaroor haar titelsnit, “Boerseun”, gaan.
Motorfietsryer-moord: Verdagte in hof terwyl familie rou
Terwyl Justin de Freitas (32) se gesin reëlings moet tref vir dié pa van drie se begrafnis, het sy vermeende moordenaar Dinsdag in die hof verskyn ná ʼn voorval Saterdagoggend voor ʼn motorfietssaamtrek sowat 3 km buite Polokwane in Limpopo.
Sewe sterf in gru-ongeluk
Sewe mense is dood en nege beseer in ʼn botsing Woensdagoggend naby Musina in Limpopo.
450 kg-man uit waakeenheid; familie hoopvol
Corrie le Grange (60), die man van Johannesburg wat 450 kg weeg, is uit die waakeenheid ontslaan en na ʼn algemene saal geskuif.
Verkeersbeampte vas ná hy glo omkoopgeld eis
ʼn Verkeersbeampte van KwaZulu-Natal is in hegtenis geneem en van korrupsie aangekla nadat hy glo omkoopgeld van ʼn vragmotorbestuurder geëis het by ʼn weegbrug.
Cora-Marie: 21 jaar later
Op 8 Julie 1994 het die Suid-Afrikaanse musiekbedryf ‘n uiters gewilde kunstenaar verloor toe Cora-Marie aan kanker oorlede is.
Polisie fnuik ‘rowers’ in Kraaifontein
Ses persone is Dinsdag in hegtenis geneem nadat die Wes-Kaapse blitspatrollie ʼn rooftog by ʼn metaalmaatskappy in Kraaifontein in Kaapstad verhoed het.
Stiefpa sit lank ná verkragting
ʼn 37-jarige man is in die Pinetown-streekshof in KwaZulu-Natal gevonnis nadat hy sy stiefdogter herhaaldelik verkrag het.
Drie ‘dwelmsmokkelaars’ by OR Tambo betrap
ʼn 52-jarige man het Dinsdag in die landdroshof in Kempton Park verskyn op aanklag dat hy metamfetamien ter waarde van byna R1 miljoen in die land wou insmokkel.
Gedagte vir die dag: Is God genadig?
Die Here se getroue liefde hou nooit op nie; daar is geen einde aan sy meegevoel nie. Dit is elke môre weer nuut. Sy getrouheid is oneindig groot. (Klaagliedere 3:22-23, Die Lewende Bybel)