Novak Djokovic het Roger Federer Sondag in die Wimbledon-finaal geklop.
Lees meerAlles vir Sondag 12 Julie 2015
Video: Onverwagse ‘blommemeisie’
ʼn Kostelike video van ʼn blommemeisie wat koue voete kry net voordat sy in die kerk se gangetjie moes afstap, is baie gewild op sosiale media.
Bejaarde egpaar tydens plaasaanval geskiet
ʼn Egpaar, in hul 70’s, is Sondag helder oordag op hul plaas in Vrede in die Vrystaat oorval en geskiet.
Presidensie verdedig Ramaphosa-erwe
Die presidensie het Sondag reageer op ʼn berig in die City Press oor eiendom wat adjunkpresident Cyril Ramaphosa in Fresnaye in Kaapstad aangeskaf het.
Almal gaande oor nuwe foto’s van Pippie
Facebook gons oor foto’s van Pippie Kruger, wat op Oujaarsaand 2011 derdegraadse brandwonde oor 80% van haar lyf opgedoen het nadat ʼn bottel vuuraansteekjel ontplof het.
Drie beseer ná gasverwarmer ontplof
Drie persone is beseer, waarvan een in ʼn kritieke toestand is, nadat ʼn gasverwarmer by ʼn huis in Kameeldrift in Pretoria ontplof het.
Polisiebeampte help weduwee-ma van ses wat steel
ʼn Polisiebeampte het tot die redding gekom van ʼn weduwee met ses kinders nadat sy uit nood babadoeke en skoene wou steel vir haar kinders.
Ses polisiebeamptes in hof oor uitbuiting, korrupsie
Ses polisiebeamptes het Vrydag in ʼn hof in Kaapstad verskyn tydens vier verskillende hofsake op aanklag van uitbuiting, korrupsie, dwarsboming van die gereg en bedrog.
Heineke vat nege ‘nuwes’ saam Australië toe
Nege spelers wat nie in die Springbokgroep teen die Wêreldvyftiental was nie, is ingesluit in die 31-tal wat Brisbane toe gaan vir die toets Saterdag teen Australië in die Rugbykampioenskap.
R680 000 vir telegram aan Hitler
ʼn Telegram wat Hitler glo oorgehaal het om selfmoord te pleeg, is verlede week tydens ʼn veiling verkoop.
Vrou, twee kinders beseer in Fochville-ongeluk
ʼn 39-jarige vrou en twee kinders, onderskeidelik drie en 12 jaar oud, is beseer toe hul motor op die R500 buite Fochville in Gauteng omgeslaan en teen ʼn wal afgerol het.
Twee Gauteng-polisiebeamptes doodgeskiet
Twee polisiebeamptes is Saterdag in twee voorvalle in Gauteng dood terwyl hulle hul plig uitgevoer het.
Joost nou deel van Heldesaal
Die Springboklegende Joost van der Westhuizen word Sondag by Sun City by die Sport-heldesaal ingehuldig waar hy een van die uiteindelike 125 Suid-Afrikaanse sportlegendes sal wees wat só vereer word.
Man onder taxi gesleep
ʼn Voetganger, vermoedelik in sy laat 40’s, is in ʼn kritieke toestand nadat hy Saterdagmiddag ʼn paar meter ver onder ʼn taxi gesleep is op die R40 buite Riverside Mall in Nelspruit.
Gedagte vir die dag: God red ons
Ons het dus nou deur die bloed van Jesus volle vrymoedigheid om in die hemelse heiligdom in te gaan. Hy het hierdie nuwe, lewegewende pad wat deur die binneste voorhangsel tot by God gaan, vir ons opgemaak deur vir ons te sterf. (Hebreërs 10:19)