Die Skotse polisie kom erg onder skoot nadat ʼn vrou vir drie dae langs die lyk van haar lewensmaat in ʼn motorwrak vasgekeer was, hoewel die polisie ʼn oproep oor die ongeluk ontvang het.
Lees meerAlles vir Maandag 13 Julie 2015
Vrede-plaasaanval: Polisie soek dié man (foto)
Die polisie in die Vrystaat het ʼn foto vrygestel van die tweede verdagte wat gesoek word in verband met Sondag se aanval op Johannes (70) en Rita (68) Kritzinger op die plaas, Brakdam, naby Vrede.
Video: Front Nasionaal hof toe oor k-woord
Die gebruik van die k-woord het mense weer aan die praat nadat die politieke party Front Nasionaal ‘n klag by die Gelykheidshof teen Johan Pienaar ingedien het nadat hy die gesigte van bekendes gebruik het in ‘n video van ‘n liedjie van Anton Goosen met die gewraakte woord in die titel.
‘SA het meer lyfwagte as grenswagte’
Die aantal lyfwagte wat aangestel is om pres. Jacob Zuma en lede van sy kabinet te beskerm, is meer as die aantal veiligheidspersoneel wat die land se grensposte beman, het DA-leier Mmusi Maimane gesê.
Kritiek oor Prasa-lokomotiewe het ‘rasse-ondertoon’
Kritiek oor die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) se nuwe lokomotiewe, wat in Spanje vervaardig is, het ʼn rasse-ondertoon, het Prasa se uitvoerende hoof Maandag gesê.
Vier dood in gru-ongeluk
Vier mense is dood en sewe beseer in ʼn botsing tussen drie voertuie en ʼn bus op die N2 in KwaZulu-Natal.
ToekomsVenster: Deernis, ‘n kernwaarde vir ons tyd
Alleen wanneer jy God se liefde en deernis beleef het ondanks jou foute en tekortkominge, kan jy met dieselfde liefdesoë na mense kyk en na hulle uitreik.
Video: Selfie-stokkie red haar lewe
Derrick Johns van Austin in Texas, Amerika, het kopgehou toe sy 16-jarige dogter in ʼn sleurstroom beland het. Hy het haar selfie-stokkie gegryp om te verhoed dat sy verder in die see ingetrek word.
Vrede-plaasaanval: ‘Volgende 72 uur van kritieke belang’
ʼn 36-jarige man is in hegtenis geneem op aanklag van poging tot moord weens Sondag se aanval op Johannes (70) en Rita (68) Kritzinger van die plaas, Brakdam, naby Vrede in die Vrystaat.
Foto’s en video: Leeus trek koedoe tussen motors plat
Foto’s van twee leeus wat ʼn koedoe tussen ʼn klomp motors in die Kruger-wildtuin plattrek, word wyd op sosiale media versprei.
Nuwe vrystellings: 13 Julie 2015
Juandré Marais, Juanita du Plessis en Gerhard Steyn is van die sangers wat hierdie week nuwe liedjies het.
Die Voortrekkers se wigvormige hartbeeshuis: ʼn Raamwerk van die kapstylhuis
Hannes Raath, ’n kundige op die gebied van volksargitektuur, beskryf in hierdie week se artikel hoe die Voortrekkers ’n wigvormige hartbeeshuis se raamwerk vir ‘n kapstylhuis gebou het.
Gebrekkige toerusting dra dalk by tot wildvanger se dood; familie wil nou help
Die familie van Jason Badenhorst (27), die wildvanger van die Noord-Kaap wat verlede week oorlede is, het ʼn trustfonds op die been gebring om suurstof en ventilasietoerusting vir die Richmond-hospitaal aan te koop.
SA sanger maak opslae oorsee
Die Hans Gabor Belvedere kompetisie wat vanjaar in Amsterdam gehou is, is ʼn spoggeleentheid wat die room van die opera-wêreld oplewer.
Die reg van ʼn gemeenskap om self te besluit
Ons moet aanvaar die staat gaan verswak en ons antwoord daarop moet die politiek van self wees. Soos wat die staat verswak, sal die private en burgerlike wêreld versterk en waarvoor ons moet veg, is vir die reg om te kan self.
Oom Herrie se kerrie: ‘Verontnooslik’ ons in Afrikaans?
Oom Herrie se algemene reël dat sy se mense nie onnosel is nie, het pas ’n lelike knou weg. Trouens, oom Herrie is nie al een wat gedwing word om te herbesin nie.
Maroela Media Top 20: 13 Julie 2015
Brendan Peyper is tans op die 9de plek op Maroela Media se Top 20 met Elvis Blue en Leah wat die 1ste en 2de plek behou.
Video: Om iemand op sy baadjie te takseer…
Dit neem glo net sewe sekondes om ʼn opinies oor ʼn persoon te vorm op grond van hul voorkoms. Coke het ses vreemdelinge genooi om mekaar in die donker te ontmoet.
Prasa: Afro 4000-lokomotiewe is ‘perfek’
Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) hou vol dat mediaberigte oor sy Afro 4000-lokomotiewe, wat in Spanje vervaardig is, foutief en misleidend is.
Kleinhoewe-aanval: Pa dalk verlam vir R250 en twee selfone
Kort voordat Braam Blignaut (35) se aanvallers onder meer sy selfoon tydens ʼn vermeende kleinhoewe-aanval geroof het, het hy sy ma gebel om vir haar te sê dat hy lief is vir haar, geskiet is en “dit nie gaan maak nie”. Dít terwyl sy vier kinders saam met hom in die huis was.