Sanet de Lange (18) is Vrydagoggend bebloed langs ʼn straat in Claremont gevind. Die polisie het haar na die Groote Schuur-hospitaal gehaas.
Alles vir Maandag 13 Julie 2015
ʼn Nag in Augustus: Lize Beekman verwerk verlies deur sketse
Elkeen verwerk verlies op sy eie manier; die dood van ʼn geliefde raak elkeen anders. Vir Lize Beekman, wat skryf as ʼn uitlaatklep gebruik, was woorde net nie genoeg om háár verlies te verwerk nie.
Ooreenkoms keer ‘Grexit’ vir nou
Die Europese onderhandelaars wat ’n ooreenkoms probeer bereik het om Griekeland se ekonomie te beredder, het pas laat weet dat ’n eenparige ooreenkoms wel met die Griekse regering bereik is.
Ondersoek na foto’s van drank in polisiemotor duur voort
Die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD) het nog nie die skuldige polisiebeampte geëien nadat foto’s van ʼn vrou met drank in haar hand in ʼn amptelike EMPD-motor op sosiale media versprei is nie.
WAT Woord van die week: laventelhaan
Ken jy die woord “laventelhaan”? Ken jy só persoon? Taaltoffie stel ondersoek in.
Nuuskommentaar: Mensdom presteer in buitenste ruim, maar spartel dikwels hier
Met die New Horizons-tuig wat môre ná nege jaar Pluto bereik, word die mens se ruimteprestasies opnuut onder die vergrootglas geplaas. Maar terwyl die mens self miljarde kilometers van die aarde af kan presteer, hoekom maak dieselfde mensdom skynbaar hier op die ondermaanse soveel gemorse? Of is dit bloot ʼn pessimistiese blik oor ’n silwer randjie wat nie ragfyn dun is nie?
Nintendo-baas verloor kankerstryd
Satoru Iwata, uitvoerende hoof van Nintendo, is in die ouderdom van 55 aan kanker oorlede.
Gevangene dood ná ontsnapping met speelgoedgeweer
ʼn 42-jarige gevangene wat lewenslange tronkstraf uitgedien het, is Sondag doodgeskiet nadat hy uit aanhouding by die Losperfontein-gevangenis buite Brits in Noordwes ontsnap het.
Twee dood, 60 beseer in Limpopo-botsing
Twee mense is dood en minstens 60 mense beseer nadat ʼn bus en ʼn bakkie Sondag tussen Tzaneen en Haenertsburg in Limpopo reg van voor gebots het.
Wêreld se grootste dwelmbaas ontsnap weer
Joaquin “El Chapo” Guzman, wat beskou word as die wêreld se grootste dwelmbaas, het deur ʼn 1.5 km lange tonnel onder sy sel uit die tronk in Mexiko ontsnap.
Grootste vonds ooit by Mosambiekse grenspos
Suid-Afrikaanse doeanebeamptes het meer as 14 000 paar seilskoene, met ʼn geraamde straatwaarde van R11.3 miljoen wat nie verklaar is nie, by die Lebombo-grenspos gekonfiskeer.
Motor beland bo-op vragmotor tydens ongeluk
ʼn Man is Sondagmiddag omstreeks 17:00 op die R21 in Gauteng oorlede nadat sy motor die pad verlaat en op ʼn vragmotor langs die snelweg beland het.
Gedagte vir die dag: Finale verlossing
As daar trane oor hulle wange loop, sal God self dit afdroog. Niemand sal meer daar doodgaan nie. Niemand sal hartseer wees of pyn ken nie. Hierdie slegte dinge van voorheen sal vir ewig en altyd verby wees. (Openbaring 21:4, Die Boodskap)