Die bekende koffiegroep Starbucks het Dinsdag aangekondig dat hy winkels in Suid-Afrika sal oopmaak.
Alles vir Dinsdag 14 Julie 2015
Iran en ses groot lande bereik kernooreenkoms
’n Kernooreenkoms is vroeg vanoggend tussen Iran en ses groot lande gesluit. Die ses lande is die VSA, Rusland, China, Duitsland, Frankryk en Brittanje. Die ooreenkoms is ná 18 maande lange onderhandelinge gesluit.
Resep: Hannes se ma se souttert
Ons sien akteur en aanbieder Hannes van Wyk gereeld op die kassie in die program Bravo! waar hy met bekendes skouers skuur. Weg van die kassie en in die kombuis is Hannes nie wat jy ’n kok van formaat sal noem nie, maar volgens hom maak hy ’n “mean” slaai en heerlike toebroodjies.
Inkopiesentrum-kleuter steeds in plek van veiligheid
Die tweejarige blondekopseuntjie wie se foto wyd op sosiale media versprei is nadat hy in Junie naby The Glen-inkopiesentrum in die suide van Johannesburg gevind is, is steeds in ʼn plek van veiligheid.
Tshwane-DBV in knyp ná kaping
Die Tshwane Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Pretoria het Dinsdag ʼn dringende beroep op die publiek gedoen om hulp te verleen nadat een van hul amptelike voertuie vroeër vandeesmaand gekaap is.
Nuuskommentaar: Stylverskille (en suksesverskille) tussen Cosatu en Solidariteit
By die spesiale Cosatu-kongres lyk dit of die Zuma-kamp oorweldigend geseëvier het, wat byna seker tot ’n nuwe vakbondfederasie en party gaan lei. Maar die woelinge by die kongres staan in skrille kontras met Solidariteit wat ordelik dinge doen en gedoen kry.
450 kg-man oorlede: ‘Die familie is platgeslaan’
Corrie le Grange (60), die Johannesburger wat 450 kg geweeg het, is Dinsdagoggend oorlede.
Ontsnapte verdagte aangekeer ná weke op vrye voet
ʼn Gevaarlike vermeende misdadiger wat drie weke gelede uit die Malumele-landdroshof naby Thohoyandou in Limpopo ontsnap het, is Maandagaand vasgetrek.
Pakistani betaal glo duisende vir valse paspoort, huweliksertifikaat
ʼn Senior beampte van die departement van binnelandse sake het Maandag in die hof verskyn nadat hy glo duisende rande betaal is om ʼn valse paspoort, identiteitsdokument en huweliksertifikaat aan ʼn Pakistani uit te reik.
Winkeleienaar verkrag glo sussies wat lekkers koop
ʼn Winkeleienaar, oorspronklik van Bangladesj, sal Vrydag in die Klerksdorp-landdroshof verskyn nadat hy glo twee laerskoolmeisies verkrag het.
Resensie: Breek die stilte – Cordelia
Cordelia het werklik met ʼn puik album vorendag gekom en daar is ʼn hele aantal redes waarom die Suid-Afrikaanse publiek lief vir haar kan word.
Beamptes vas vir valse lisensies aan taxi-eienaars
Drie Kaapstadse beamptes is Maandag by hulle werk vasgetrek omdat hulle valse voertuigregistrasielisensies aan hoofsaaklik taxi-eienaars uitgereik het.
Gedagte vir die dag: As ons vry wil wees
Ek het my oortredings bely, my sonde nie weggesteek nie. Ek het gesê: “Ek bely my opstand teen die Here.” En my sonde en oortredings het U vergewe. (Psalm 32:5)