“Die mynbedryf in Suid-Afrika gaan tans deur moeilike tye. Die sluiting van die spesifieke myn is die afgelope 15 jaar 6 keer suksesvol uitgestel, maar verlede maand se gebeure was die spreekwoordelike laaste spyker in die doodskis van die Thabazimbi-myn.”
Alles vir Vrydag 17 Julie 2015
Geklede geraamte langs pad gevind
ʼn Geraamte is onder ʼn boom langs die Brandfort-pad buite Bloemfontein in die Vrystaat gevind.
‘Vergoedingskantoor verantwoordelik vir ernstige menseregteskendings’
“Ons grootste kommer is dat werknemers wat daagliks met die trauma van ernstige beroepsbeserings- en siektes moet saamleef, voortaan selfs meer weerloos gelaat gaan word. Hierdie mense het dikwels reeds hul vermoë om ʼn inkomste te genereer verloor”.
Man geskiet, vrouens vasgebind tydens aanval op kleinhoewe
ʼn Man is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat hy helder oordag op ʼn kleinhoewe in Elandshoek naby Cullinan deur gewapende rowers in die bors geskiet is.
Boek: Die reine waarheid en ander liegstories
Heerlike humoristiese kontreiverhale uit die Vrystaat, deur die bekende rubriekskrywer, Herman Toerien, wat Maroela Media se daaglikse nuuskommentaar hanteer en die gewilde lekkerleesblog, Oom Herrie se kerrie.
Identiese tweeling vier 75 jaar as nonne
Die 93-jarige identiese tweeling van New Orleans in Amerika, susters Canice en Canisius Lastrapes, vier vanjaar hulle 75ste jaar saam – as nonne!
Lufthansa se ‘koningin’ op pad na SA
Die Duitse lugredery Lufthansa is besig met die opgradering van hulle diens op die roete tussen Johannesburg en Frankfurt.
Kompetisie & resensie: ’n Nuwe dekade van treffers – verskeie kunstenaars
Hierdie kompetisie is gesluit: Dis maklik om te sê dat alle versamelalbums dieselfde is en dat daar liedjies is wat maar altyd ingesluit word. Dit kan egter nie van hierdie versameling gesê word nie, want daar is ’n hele aantal gesogte snitte wat ’n mens nêrens anders kan kry nie, maar tog hierop beskikbaar is.
Foto’s: Stakers ontwrig Liewe Heksie-vertoning by kunstefees
Sowat 60 stakers het Donderdagaand tydens ʼn vertoning van Liewe Heksie in die Sand du Plessis-teater by die Vrystaat Kunstefees op die verhoog gestorm en die opvoering ontwrig.
Nuuskommentaar: Om met “self” konflik te verminder
Die parlement van Oekraïne het pas ʼn voorstel van die president goedgekeur waarvolgens die ooste van Oekraïne “spesiale status” sal verkry. Maar is dit nie té min, té laat nie – daar is immers ook reeds ander se skaakstukke in die land aan die skuiwe maak. En hoeveel lesse kan Suid-Afrika hieruit neem?
Belfast-vrieskasmoorde: Polisie verwelkom vonnisse ná egpaar se gru-dood
Drie mans is gevonnis in verband met die moorde op ʼn bejaarde egpaar van Belfast, wie se liggame in Januarie 2013 in ʼn vrieskas gevind is.
Vyf verkool in ongeluk
Vyf mense is dood in ʼn gru-ongeluk in die suide van Johannesburg toe ʼn voertuig Vrydag in die vroeë oggendure omgeslaan en aan die brand geraak het.
Foto’s: KZN-ongeluk eis 8
Minstens agt persone is Donderdag dood en nege beseer in ʼn ongeluk tussen ʼn minibustaxi en ʼn vragmotor in KwaZulu-Natal.
Brandbestrydingsvliegtuie aan diens onttrek
Die Burgerlugvaartowerheid (BLO) het Working on Fire (WoF), die staatsgefinansierde bos- en veldbrandbestrydingseenheid, se lugvaardigheidsertifikaat opgeskort.
Man sterf toe trein hom trap
ʼn Man is Donderdagmiddag dood toe ʼn trein hom naby Balgowan-stasie in KwaZulu-Natal getref het.
Waar is die ouers?
Bewaar ’n samelewing as gevra moet word: Waar is ons ouers?
Gedagte vir die dag: Jesus maak ons vry
Christus het ons vrygemaak om regtig vry te wees. Hou vas aan hierdie vryheid. Moet dit vir niks ter wêreld prysgee nie. Moenie toelaat dat ander mense julle weer slawe van hulle skewe sienings maak nie. (Galasiërs 5:1, Die Boodskap)