ʼn Seun wat naarstig na sy 79-jarige ma op soek was, het haar in die tatoeëersalon opgespoor.
Lees meerAlles vir Donderdag 23 Julie 2015
Foto’s: Slang hou MTN-werker ‘gyselaar’
ʼn Werknemer van MTN is Donderdagmiddag in ʼn selfoontoring vasgekeer nadat ʼn slang hom verhoed het om af te klim.
29 polisiebeamptes in Gauteng afgedank
Minstens 29 polisiebeamptes in Gauteng is die afgelope drie maande afgedank oor korrupsie en ander vorms van wangedrag
Rentekoers styg
Die Reserwebank het Donderdag repokoers met 0,25 persentasiepunt tot 6% verhoog te midde van voortslepende ekonomiese onsekerheid.
1 200 poste in gedrang indien staal-aanleg sluit
Die land se grootste staalprodusent, ArcelorMittal, het Donderdag aangekondig dat hy oorweeg om sy Vereeniging-werke te sluit.
ToekomsVenster: Betrokkenheid, nog ʼn waarde vir ons tyd
Ons het nodig om doelgerig betrokke te raak. Dit is al manier om die negatiewe afsydige gees te troef. Ons moet aksie neem en dinge doen om ons afsydigheid te demp. Maar dit is belangrik dat God eers ons negatiewe gedagtes nuut sal maak.
Afrikaans 90: Afrikaans is ’n taal van geleentheid
Die toekoms van Suid-Afrika is wat ons gewone mense daarvan maak, skryf Johan van Zyl van Sanlam.
Demensie soms voorkombaar
Navorsing deur die Erasmus-universiteit se Mediese Sentrum toon dat demensie voorkom is in ongeveer ’n derde van gevalle.
Boek: In die donker skadu’s van Hillbrow
Die boek handel oor 17-jarige Lientjie wat in Hillbrow groot word onder haglike toestande en uiterste armoede.
Solidariteit vergader met Telkom oor afleggings
Die vakbond Solidariteit het gesê hy sal Donderdag met Telkom se groephoof, Sipho Maseko, vergader om die maatskappy se toekomsplanne ten opsigte van sy herstruktureringsproses te bespreek.
Petisie oor voorgestelde internetregulasies
ʼn Petisie is op die webwerf Avaaz geskep waar Suid-Afrikaners hul misnoeë te kenne kan gee teen nuwe voorgestelde internetregulasies.
Landboustudente ontstig oor wegdoen met Afrikaans
Afrikaanse studente by die Elsenburg-landboukollege buite Stellenbosch is woedend nadat die kollege Woensdag begin het om onderrig net in Engels aan te bied, terwyl ’n 50/50-taalbeleid glo vroeër aanvaar is.
NW-gesondheid hoes vir mediese eise
Die departement van gesondheid in Noordwes het die afgelope vier jaar glo meer as R40 miljoen uitbetaal aan mediese eise en ʼn verdere R30 miljoen rand aan regskoste.
Moord op Kaapse uitsmyter: hofrol te vol vir borgtogaansoek
ʼn Aansienlike agterstand in die hofrol het Donderdag veroorsaak dat die borgtogaansoek van drie mans wat teregstaan op die moord van ʼn uitsmyter van ʼn gewilde kuierplek in Kaapstad, uitgestel moes word.
Video: Snaaks, snaakser … Marion Holm
As jy nog nooit die voorreg gehad het om Marion Holm in aksie te sien nie, is haar nuwe eenvrouvertoning Marion Holm vir Beginners net vir jou. Selfs al het jy al haar vorige eenvrouvertonings al gesien kan jy nie hierdie produksie misloop nie.
Country-konsert vir Jakaranda-kinderhuis
Die Jakaranda-kinderhuis se tweede jaarlikse Cowboys 4 Kids Country-konsert is om die draai en vanjaar sal verskeie musikante soos Billy Forest, Dennis East en Clive Bruce en Rinel Day daar te sien wees.
Polisie glo warm op spoor van Senzo Miyewa-moordenaars
Die polisie het Donderdag gesê hulle is “warm op die spoor” van die verdagtes in die Senzo Miyewa-moordondersoek.
Pta-ma en dogter verdwyn spoorloos
Die polisie is op soek na ʼn ma en dogter van Pretoria nadat hulle Sondag spoorloos verdwyn het.
Luister: Jou kultuurkoerant vir 23 Julie tot 29 Julie
Charlie Smidt van die FAK is terug om te gesels oor wat in jou kontrei op die kultuurfront gebeur.
Lucas: Een uit ’n miljoen
Lucas Maree was een van ’n handjievol kunstenaars vir wie musikale integriteit nie onderhandelbaar was nie.