Drie mense is dood en drie ander ernstig beseer in ʼn trompop botsing Vrydagaand op die N2 in Kaapstad.
Lees meerAlles vir Vrydag 24 Julie 2015
Stiefpa skuldig aan verkragting; ma wil dogter nie glo nie
ʼn Man wat sy stiefdogter verkrag het, het byna vervolging vrygespring nadat die meisie se ma geweier het om haar te glo.
Twee van Comrades se toptien dalk hul medaljes kwyt
Twee van die atlete wat onder die toptien geëindig het by die 2015-Comrades-marathon kan moontlik hul medaljes kwyt wees nadat verbode middels in elk se sisteem gevind is.
ToekomsVenster: Vrede, nog ʼn waarde vir ons tyd
Vrede is dan iets wat jy doen en ervaar en wat jy weggee. Suid-Afrika het baie vredemakers nodig.
Veldgids in hospitaal ná olifant hom gaffel
ʼn Jong veldgids is in die hospitaal nadat ʼn olifantkoei hom Vrydagoggend met haar tande bygekom het.
Plaasmoorde lei tot mosie van wantroue teen polisieminister
Die burgerregte-organisasie AfriForum het gesê hy sal Maandag saam met slagoffers van plaasaanvalle ʼn mosie van wantroue teen die minister van polisie, Nkosinathi Nhleko, indien.
Tiener glo deur winkeleienaar doodgeskiet
ʼn 17-jarige seun van Johannesburg is Donderdag glo deur ʼn winkeleienaar doodgeskiet nadat hy en sy maats die winkel se diefwering afgeskop het.
Dawie Roodt-aanval: Dapper optrede red dalk gesin se lewe
Dapperheid en ʼn skoot geluk het moontlik die bekende ekonoom Dawie Roodt en sy gesin se lewe gered nadat hulle Donderdagaand in hul huis deur gewapende rowers aangehou is.
‘Leuens, foute, wanvoorstellings’ van Afrikanergeskiedenis op skool wek kommer
’n Ondersoek na die feitelike korrektheid van die vertolking van Afrikanergeskiedenis in die kurrikulum vir gr. 4 tot 12-leerders lei tot kommer.
LP’s soek antwoorde ná Nkandla-besoek
Die parlement se ad hoc-komitee wat Nathi Nhleko, minister van polisie, se verslag oor pres. Jacob Zuma se Nkandla-woning oorweeg, het op nog ʼn vergadering met hom aangedring nadat sommige afwykings gevind is tydens hulle onlangse besoek aan die woning.
Vrou wat rower skiet ‘soos misdadiger behandel’
Tina du Toit, die vrou wat Saterdagaand ʼn vermeende rower op ʼn kleinhoewe buite Buffelspoort in Noordwes doodgeskiet het, moes Vrydag regshulp kry nadat polisie haar glo “soos ʼn misdadiger behandel het”.
Rolene Strauss verloof: Só lyk die ring en die gelukkige man
Trouklokkies wink vir Rolene Strauss.
Redakteursbrief: Oor veiligheid, flieks en Fees van die Ongenooides
Ons gesels oor die vreemdheid daarvan dat ʼn mens deesdae, selfs in die plekke waarheen jy ontvlug om van die werklikheid te ontkom, nie meer veilig is nie… skryf Susan Lombaard.
Daar is niks soos ware liefde
Nie elke verhouding deurstaan die toets van tyd nie, maar Gonda en Pieter de Bruyn laat ʼn mens weer in ware liefde glo. Dié egpaar van Pretoria vier vanjaar hul 50ste huweliksherdenking.
Limpopo-broers binne twee weke in fratsongelukke dood
ʼn Familie van Limpopo is in rou gedompel nadat twee broers binne twee weke in fratsongelukke dood is.
Kompetisie & resensie: Treffer na treffer Vol 7- Verskeie Kunstenaars
Hierdie kompetisie is gesluit: Hierdie album het weereens die potensiaal om baie gewild te word, veral omdat daar soveel snitte is wat nêrens anders voorkom nie en daarom is dit dalk net die moeite werd vir diegene wat op hoogte wil bly van die jongste verwikkelinge in Afrikaanse musiek.
‘Polisiebeamptes’ betrokke in aanval op Wes-Kaapse plaas
ʼn Boer en sy vrou van Wolseley naby Ceres in die Wes-Kaap is vandeesweek deur ʼn groep mans, wat hulself as polisiebeamptes voorgedoen het, aangehou en beroof.
Foto’s: Vier dood in Jhb-kapingsdrama
ʼn Skietgeveg tussen veiligheidsbeamptes en beweerde kapers in die suide van Johannesburg het Donderdagmiddag die lewe van vier mense geëis.
Dawie Roodt-aanval: ‘Misdaad in Suid-Afrika is buite beheer’
Die burgerregte-organisasie AfriForum en die vakbond Solidariteit het die aanval op die bekende ekonoom Dawie Roodt en sy gesin ten sterkste veroordeel.
Bobby van Jaarsveld gaan weer pa word
Die sanger Bobby van Jaarsveld het bekend gemaak dat hy weer pa gaan word.