Die twee kapteins het direk na die skitterende wedstryd Saterdag in die Rugbykampioenskap wat op Ellispark 27-20 deur die All Blacks gewen is, hulle menings oor die wedstryd gegee.
Lees meerAlles vir Saterdag 25 Julie 2015
Sewe familielede sterf toe weerlig hulle tref
Vier kinders en drie vroue van een familie is Vrydag dood toe weerlig hulle in Meksiko getref het, volgens plaaslike owerhede.
Vrou se liggaam gevind naby Mosselbaai-hawe
Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het Saterdag ʼn vrou se liggaam uit die see gehaal naby die hawe in Mosselbaai.
80 sterf daagliks in Indië weens lugbesoedeling
ʼn Minister in die regering in Indië het Vrydag gesê tot 80 persone sterf daagliks in die hoofstad, New Delhi, weens lugbesoedeling.
Taalbesluit by Elsenburg-landboukollege omgekeer
Die besluit dat alle onderrig by Elsenburg-landboukollege slegs in Engels sal plaasvind soos vroeër die week aangekondig, is Vrydag tydens ʼn vergadering omgekeer. Beide Afrikaans en Engels is weer as onderrigtale ingestel.
Video: Advertensie laat selfoongebruikers twee keer dink
As jy al ooit vinnig weggekyk het om te sien wat op jou selfoon gebeur terwyl jy bestuur, is hierdie advertensie ʼn móét-sien.
Cheika verander vir ‘regstel’-toets
Vir die Wallabies is hulle tweede van die drie wedstryde in vanjaar se Rugbykampioenskap Sondagoggend in Mendoza meer as die gewone belangstelling werd. Die punteleer speel dié keer miskien selfs `n minder belangrike rol.
6 000 poste in gedrang as Lonmin-skagte sluit
Die platinumvervaardiger Lonmin het Vrydag gesê hy gaan die Hossy- en Newman-skagte sluit en bedrywighede by drie ander skagte opskort, wat 6 000 poste in gedrang sal bring.
3 kinders sterf in Middelburg-ongeluk
Drie kinders is Vrydagaand dood toe ʼn enkele motor ʼn boom in Middelburg, Mpumalanga getref het.
Video: Dawie Roodt praat oor huisrooftog
Ekonoom Dawie Roodt, wat by sy huis op ‘n landgoed in Pretoria aangeval is, sê dis hoog tyd dat die land se leiers besef hulle werk vir Suid-Afrikaners.
Man sterf in haai-aanval in Tasmanië
ʼn Man, in sy laat 40’s, is Saterdag in Tasmanië dood toe ʼn haai hom aangeval het.
2 dood, 9 beseer tydens skietery in VSA-bioskoop
Twee persone is dood en nege beseer nadat ʼn man op fliekgangers by die Grand Theater in Lafayette, Louisiana in Amerika losgebrand het.
Oud-student van Kaapstad sterf in reksprongongeluk
Kleyo de Abreu (23), ʼn oud-student van die Kaapse Skiereiland-Universiteit van Tegnologie, is dood toe sy tydens ʼn reksprong in Spanje teen ʼn ou klipbrug vasgeswaai het.
ANC-raadslid het glo EFF-lid se karvenster stukkend geslaan
ʼn Hof in Rustenburg het Vrydag gehoor hoe ʼn raadslid van die ANC glo lede van die EFF aangeval het toe hulle vroeër vandeesmaand in dié gebied ʼn verkiesingsveldtog wou hou.
Bende-verkragting in Noordwes
ʼn 36-jarige vrou van Noordwes is glo om die beurt deur vier mans verkrag, terwyl haar man deur een van die verdagtes ondervra is.
Uitlanders tydens sakerooftog doodgeskiet
Twee mans van Ethiopië is by hul winkel in Thekwane naby Rustenburg doodgeskiet, het die Noordwes-polisie Vrydag gesê.
Gedagte vir die dag: God is hoop
Ek bid dat God in wie julle al julle hoop stel, elke deeltjie van julle geloofslewe sal vol maak met blydskap en vreugde. Dan sal julle, deur die groot krag van die Heilige Gees in julle lewens, altyd oorvloedige hoop hê. Dan sal julle onwrikbaar vashou aan die Here, kom wat wil. (Rom 15:13, Die Boodskap)