Xiang Liujuan, ʼn 30-jarige vrou is in ʼn winkelsentrum in China dood nadat sy deur ʼn roltrap geval het.
Lees meerAlles vir Dinsdag 28 Julie 2015
Is daar nog hoop vir Argentynse rugby?
Hoekom bly die Poemas die melkkoei van die Rugbykampioenskap? Gaan hul toetrede tot die Super18 dinge verander?
Groep vas oor tronk-geldmaakskema
Die Valke het sewe verdagtes in hegtenis geneem, insluitend ʼn veroordeelde misdadiger, nadat hulle glo ʼn polisiebeampte nagemaak het in ʼn geldmaakskema.
Tandarts het glo bekende leeu gejag
Dr. Walter J Palmer, ʼn tandarts van Minnesota in Amerika, is geïdentifiseer as die man wat glo $55 000 betaal het vir ʼn permit om die bekende Cecil die Leeu in Zimbabwe met ʼn pyl en boog te jag.
Vangwa-sleep: Bestuurder onbewus man word gesleep
Die polisiebeampte wat die vangwa bestuur het toe Mido Macia, ʼn Mosambiekse taxibestuurder in Februarie 2013 agterna gesleep is, voer aan hy het nie geweet die immigrant was vasgevang in die voertuig nie.
[Foto’s] Drie gered ná sandbank meegee
Drie mans het kritieke beserings opgedoen toe ʼn vier meter hoë sandbank Dinsdagmiddag by ʼn konstruksieperseel in KwaZulu-Natal op hulle ineengestort het.
ToekomsVenster: Liefdestaal, ʼn taal wat lewens verander
Moeder Teresa het gesê as jy besig is om mense te veroordeel, het jy nie tyd om vir hulle lief te wees nie.
Boek: Brandwaterkom
Dan hoor Esther die bakkiedeur klap en kyk verskrik om. Deur die hek van die begraafplaas kom ’n man aangeloop. ’n Onbekende man. Hy steek sy hand na haar uit en sê sy naam is Bullet. Hy sê hy wil haar iets wys wat vir haar navorsing baie sal beteken.
Man deur koevoet deurboor: ‘Dit is net genade’
ʼn Doodgewone werksdag het vir Danie de Wet (34) in ʼn nagmerrie ontaard toe hy gegly en ʼn 1,8 meter lange koevoet hom van sy lies tot sy linkerskouerblad deurboor het.
Nzimande sê ook ja vir moedertaalonderrig
Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, is van mening dat studente in hul eie moedertaal onderrig behoort te word, aangesien hulle dikwels met Engels sukkel.
Bekendes deel van SA Huweliksweek
SA Huweliksweek is om die draai en tientalle bekende Suid-Afrikaanse paartjies is reeds aan boord om as ambassadeurs vir dié veldtog op te tree.
Vrede-plaasaanval: ‘ʼn Wonderwerk dat egpaar oorleef’
Johannes (70) en Rita (68) Kritzinger van Vrede in die Vrystaat, wat 16 dae gelede ná kerk in hul plaashuis aangeval, beroof en geskiet is, toon goeie tekens van beterskap.
Bfn-motoriste gewaarsku teen oprit-kapings
Die polisie in die Vrystaat het Bloemfontein-motoriste gewaarsku om paraat te wees wanneer hulle snags huis toe bestuur nadat talle inwoners se motors die afgelope tyd in hul opritte gekaap is.
Polisie op soek na díé man oor diefstal in Pretoria
Die polisie in Pretoria het ʼn foto vrygestel van ʼn man wat gesoek word nadat hy glo ʼn skootrekenaar uit ʼn motor in Menlopark gesteel het.
[Video] Maroela Media CD ook in Argentinië te hoor
In die video word daar na Laurika Rauch se “Stuur groete aan Mannetjies Roux” geluister en die mense word omtrent bewoë van dié pragtige liedjie.
Madeleine McCann: Vrae ná onbekende kleuter se oorskot gevind is
Die ontdekking van ʼn jong meisie se oorskot in ʼn tas in Australië het die vermoede laat ontstaan dat dit moontlik dié van die driejarige Madeleine McCann kan wees wat al sedert 2007 vermis is.
Twee dood, 25 beseer toe bus omslaan
Twee vroue is dood en 25 passasiers beseer toe ʼn bus Dinsdag buite Bethanie naby Brits in Noordwes omgeslaan het.
Afrikaans 90: Afrikaans is ’n loslittaal, ’n wetenskapstaal
Afrikaans is ’n loslittaal; ’n lenige en soepel taal waarin jy jouself kan uitdruk en dinge kan sê soos wat in geen ander taal moontlik is nie, skryf Christo Viljoen van die Universiteit Stellenbosch.
Boetie gaan (Afrikaanse) fliek toe
Afrikaanse films het selfs vóór die amptelike erkenning van Afrikaans al verskyn, en beeld die taal se ontwikkeling en uitdagings uit.
Driejarige verdrink in swembad
ʼn Driejarige meisie het Maandagmiddag in ʼn swembad by ʼn huis in Salt Rock in Dolphin Coast, KwaZulu-Natal, verdrink.