Jordan Pelser moes verlede jaar dié tyd sy vierde verjaardag in afsondering in die Unitas-hospitaal se pediatriese onkologie-eenheid in Pretoria deurbring tydens sy dapper stryd teen bloedkanker.
Alles vir Dinsdag 28 Julie 2015
Panayiotou bly agter tralies
Die hooggeregshof in Grahamstad het Dinsdag Christopher Panayiotou, die man van Port Elizabeth wat daarvan beskuldig word dat hy die moord op sy onderwyseres-vrou gereël het, se tweede aansoek om borgtog geweier.
Uitdrukking: Stokkies draai
Al ooit gewonder waarom ons sê iemand “draai stokkies” as hulle sonder verlof wegbly? Taaltoffie stel ondersoek in.
Clive Rice oorlede
Clive Rice, voormalige Suid-Afrikaanse krieketkaptein, is oorlede.
Resep: Pampoen-gesondheidsbeskuit
Uit: Ek sou kon doen met ’n pampoen, Nettie Cilliers.
Vrou dood, twee gewond tydens taxi-skietery
’n Vrou is Dinsdag dood en twee mans gewond nadat ʼn skietgeveg tussen twee taxi-verenigings by die Tembisa-taxistaanplek aan die Oos-Rand uitgebreek het.
Goeie nuus: Plaaswerker red polisieman uit oorstroomde rivier
ʼn Plaaswerker van Kwanobuhle buite Uitenhage in die Oos-Kaap het Maandag in ʼn rivier gespring om ʼn polisieman te red nadat sy voertuig van die brug af in die rivier gespoel is.
Metropolisiebeampte tydens rooftog doodgeskiet
ʼn Johannesburgse metropolisiebeampte is Maandag tydens ʼn gewapende roof by Junction Mall in Rosettenville doodgeskiet.
Kerk onttrek uit Antarktika
Die National Science-stigting wat ook die Amerikaanse Antarktika-program finansier, het gevra dat die Nieu-Seelandse biskoplike gebied sy skakel na Antarktika sluit as gevolg van baie swak bywoning van gemeentelede.
Pta-ma en -dogter ná week opgespoor
Die ma en dogter van Pretoria wat ʼn week gelede spoorloos verdwyn het, is gevind.
Panayiotou hoor vandag oor borgtog
Christopher Panayiotou word daarvan beskuldig dat hy die moord op sy onderwyseres-vrou gereël het.
Silwerkroon 2015: Raakvat bejaarde maak ʼn verskil in Brackenfell
Antie Poeding is die bynaam vir Mercia Ruthenberg (72), wat Sondae vir die verstandelik gestremde kinders van ʼn plaaslike psigiatriese hospitaal in Brackenfell, Kaapstad, lekkergoed vat.
Silwerkroon 2015: Bly SA se topbejaarde in Polokwane?
Helpende Hand se jaarlikse Silwerkroonkompetisie erken en beloon bejaardes vir hul uitsonderlike passie vir hulle medemens. Een van vanjaar se top 6 Silwerkroon-finaliste is Erik Bekker (74) van Polokwane in Limpopo.
Nuuskommentaar: Plaasmoordnaasbestaandes verdien beter as polisie-rondstampery
Die rondstampery van naasbestaandes van plaasmoorde deur lede van die polisie tydens ’n wettige protesbyeenkoms, dryf die wig van polarisasie in die land net dieper in. Ongelukkig herinner die polisie se beweerde onbewustheid daarvan dat toestemming vir die protes verleen is die indruk van ’n polisiediens van ’n piesangrepubliek.
Luister: Bobaasbakster gee wenke in jongste resepteboek
Bak is beslis weer mode en as jy dit nog altyd oorweeg het om ʼn loopbaan as bakker te volg, kan jy gerus Christine Capendale se kookboek, Bak vir pret en profyt, aanskaf.
E-tolstelsel, protesaksies en siviele-sake – Outa se Duvenage praat oor boek
Inwoners van die noordelike voorstede van Pretoria wat nog altyd gevoel het dit is onregverdig dat hulle ongeveer R360 per maand moet betaal om by die N1-snelweg aan te sluit, het beslis ʼn punt beet meen Wayne Duvenage, die voorsitter van Outa.
Boelies en slagoffers, die voorkombare probleem
Die afmetings wat hierdie probleem in ons land en skole aanneem, is doodeenvoudig skrikwekkend. En die ergste daarvan is dat dit grootliks voorkom kan word.
FAK se teenvoeter vir wanvoorstellings van Afrikanergeskiedenis
Dawie du Plessis het ʼn verslag vir die FAK se NP van Wyk Louw-sentrum opgestel oor die “leuens, foute en wanvoorstellings” wat in die gr. 4 tot 12-kurrikulum oor die Afrikanergeskiedenis vervat is. Du Plessis het ʼn opsomming van die verslag verskaf en ook verduidelik wat lesers en die FAK tans doen om dit reg te stel.
Opknapping van Solomon Mahlangu-plein kos reeds miljoene meer
Die koste om die Solomon Mahlangu-plein in Mamelodi op te knap, het reeds R49 miljoen beloop.
Vyf vas oor wapens; dalk met rooftog verbind
Vyf vermeende rowers is in die Oos-Kaap in hegtenis geneem. Daar is ook op vuurwapens, ammunisie en ander goedere beslag gelê.