Die Amerikaanse tandarts wat glo Cecil, Zimbabwe se bekende leeu, geskiet het, loop erg deur op sosiale media.
Lees meerAlles vir Woensdag 29 Julie 2015
Polisieman doodgeskiet tydens rooftog
Die polisie het ʼn groot soektog van stapel gestuur nadat ʼn groep gewapende rowers ʼn 36-jarige polisieman doodgeskiet het tydens ʼn rooftog aan die Oos-Rand.
Musiekpromotor in hof ná vulstasiemoord
David Forbes, die stigter van Boksburg se H20-partytjies en ʼn musiekkonsultant, het Woensdag in die Kaapstadse streekhof verskyn op aanklag van die moord op Toufiq Joseph.
Peperduur resiesmotor uit Jhb-erf gesteel
“Ek het geen idee wat hulle beplan om met die motor te doen en of hulle eintlik die sleepwa wou gehad het nie.”
[Video] TT Cloete lees sy liefdesgedig “Anna” voor
Maroela Media het verlede jaar by prof. TT Cloete gaan kuier en hy het sy liefdesgedig, wat hy aan sy oorlede vrou, Anna, opgedra het, op video voorgelees.
ToekomsVenster: Genesende taal, ʼn taal wat lewens verander
Mag ons tonge ‘n bron van genesing wees vir die seer van die wêreld rondom ons!
Luister: TT Cloete: Só onthou hulle hom
Prof TT Cloete, wat vandag in die ouderdom van 91 jaar oorlede is, was bekend daarvoor dat hy die mense in sy lewe gekoester het. Maroela Media het gesels met ʼn paar van die mense wat die voorreg gehad het om met hom vriende te wees.
Verdagte met speelgoed-AK47 betrap
ʼn Verdagte is in die Vredehoek-omgewing in hegtenis geneem en word moontlik met drie sake van diefstal in die omgewing verbind.
[Video] Prof. TT vertel van sy loopbaan en dié goed wat nie gemeet kan word nie
Die digter prof. TT Cloete was ’n letterkundige reus en het meer as 150 wetenskaplike artikels oor die Afrikaanse letterkunde geskryf en daarmee saam meer as ’n twintigtal boeke en monografieë. Hy het bydraes gelewer tot talle versamelstudies en het ook verskillende vertalings uit die Franse letterkunde gedoen. Maroela Media het verlede jaar met hom gesels oor sy loopbaan. Hy gesels ook oor die goed in die lewe wat werklik belangrik is.
Boek: Die Onbekende Van Gogh
Die Onbekende Van Gogh laat herleef Suid-Afrika in die stormagtige laaste dekade van die negentiende eeu; vertel die persoonlike verhaal van ʼn jong uitlander soos onthul in briewe en ander argiefstukke; en werp lig op sy verhouding met sy beroemde broer Vincent.
[Video] Verveligste video versprei soos ʼn veldbrand
ʼn YouTube-video van ʼn man wat verduidelik hoe vervelig sy video is, versprei soos ʼn veldbrand op sosiale media – en as jy luister wat hy sê, sal jy verstaan waarom.
Lyk in Harties-dam toe nié die van wit skoolseun
Die lyk wat die naweek deur ʼn visserman in die Hartbeespoortdam in Noordwes gevind is, is deur middel van ʼn nadoodse ondersoek geïdentifiseer.
Gedig: God die digter
Toetentaal groot vandag ‘n taalbul. Rus in vrede, prof. TT Cloete.
Nóg miljoene rande se opknappingswerk vir Nkandla beplan
Nathi Nhleko, minister van polisie, het Woensdag aan parlementslede gesê die R246 miljoen wat as amptelike bedrag gebruik word vir die opknappingswerk wat by pres. Jacob Zuma se Nkandla-woning gedoen is, sluit R31 miljoen se verdere opknappingswerk in.
‘Nuwe SEB-kodes kan die ekonomie vernietig’
Die nuwe kodes vir swart ekonomiese bemagtiging (SEB) kan die laaste spyker in die kis vir die Suid-Afrikaanse ekonomie wees.
Niemand nog vas vir bekende wynboer se skietdood
Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die skietdood van John Barnes (66), ʼn bekende wynboer wie se liggaam langs dié van sy…
Ma stort hart uit ná dogter sterf in kwadfiets-ongeluk: ‘My kind, ek sien jou gou weer’
“Ek gaan hierdie rouproses voluit deurgaan, want ek wil voluit leef. Toe ek haar moes groet, het ek vir haar gesê, my kind, ek sê nie vir jou totsiens nie, want ek sien jou gou weer.”
Wanneer mag ek ʼn inbreker skiet?
Die afgelope paar weke was daar talle voorvalle waar huiseienaar inbrekers doodgeskiet het. Dit het opnuut die vraag laat ontstaan oor wanneer mens ʼn inbreker in jou huis mag doodskiet. Nico Strydom het met ʼn kenner gepraat.
[Video] Prof. TT Cloete oor sy gedigte op die stuurwiel
Die geliefde en bekroonde digter prof. TT Cloete is Woensdagoggend in die ouderdom van 91 oorlede. Maroela Media het verlede jaar met hom gesels oor hoe hy soms aan die skryf gegaan het terwyl hy bestuur het.
Plaasaanval: Boer kyk in eie haelgeweer se loop vas, veiligheidsknip red sy lewe
Jan (62) en Elize (61) Bonnema van die Levubu-omgewing, naby Louis Trichardt in Limpopo, is Maandagaand deur twee mans met klapmusse in hul huis oorval en onder meer met ʼn panga aangeval.