Willie Massyn (66) van Dominionville is een van Helpende Hand se top 6 Silwerkroon-finaliste. Dié projek erken en beloon bejaardes vir hul uitsonderlike passie vir hulle medemens.
Alles vir Donderdag 30 Julie 2015
Dawie Roodt terug by die huis
Dawie Roodt (54), hoofekonoom van die Efficient Group en bekende TV-aanbieder, is uit die hospitaal ontslaan.
Sunette Bridges: ‘Ek is hier om te bly’
“Ek gaan nie my voete in Kanada sit nie, dit is hopeloos te koud daar.” Só het die sanger en aktivis Sunette Bridges Donderdag gereageer op gerugte dat sy na Kanada emigreer.
Woord: kloek
Het jy geweet die woord “kloek” beteken ook “flink, skrander”, selfs “dapper”? Lees vandag se Taaltoffie vir meer oor dié interessante woord.
Vangwa-slepery: ‘Macia het heeltyd gehuil’
Die Mosambiekse taxibestuurder, Mido Macia, wat dood is nadat hy in 2013 agter ʼn polisievangwa gesleep is, is glo geklap en rondgestamp nadat hy in hegtenis geneem is.
Pink Ladies help kinders opspoor
Pink Ladies is in Maart 2007 gestig nadat ʼn meisietjie, Sheldean Human, as vermis aangemeld is. Sheldean se liggaam is sowat twee weke later in ʼn stormwaterdrein gevind.
WAT vir ʼn woord?
As jy wil weet hoe die taal in sy breë, diepe, omvangryke, ongetemperde, ongemuilbande glorie lyk, móét jy uit jou eie agterjaart klim en in erkende bronne gaan naslaan, skryf Sophia Kapp.
Man wat voor Pta-hotel geskiet is glo ʼn buitelander
Die man wat Woensdagaand buite die luukse Sheraton-hotel in Pretoria geskiet is, was glo nie ‘n Suid-Afrikaner nie.
Nuuskommentaar: Werk saam om ons skip met rassistiese SEB te laat sink, of gaan onder
Verskerpte SEB en soortgelyke maatreëls stroop die land van middele om juis dit reg te kan ruk wat die kodes en maatreëls in die oog het, en tog lyk dit nie of die regering anders as enkeldimensioneel kan dink onderweg na ’n ekonomiese ashoop nie.
Die waarde van vriendskap
[promosie-artikel] Vriende is ’n noodsaaklike deel van die lewe, maak nie saak hoe oud jy is nie – hulle skep ’n sin van samehorigheid, maak jou gelukkig en staan jou by as dinge in die lewe begin skeefloop. Vir kinders is die koestering van vriendskap ook belangrik vir persoonlike ontwikkeling.
Polisiebeampte in kritieke toestand langs pad gevind
Die polisie ondersoek ʼn raaiselagtige voorval nadat ʼn vrouepolisiekonstabel in ʼn kritieke toestand langs ʼn pad in Ogies, Mpumalanga, gevind is.
Afrikaans 90: Diepspoor
“Wag ’n bietjie,” moes ek ’n paar vrae uitstel, “ek gaan vandag net van Afrikaans se begin vertel; van die eerste sowat sestig, sewentig jaar van die sewentiende eeu.”
[Video] Boeregemeenskap se polisiestasie glo onbeman gelaat
Genl.maj. Jacob Tsumane, waarnemende polisiehoof van Noordwes, het Donderdag sy misnoeë uitgespreek oor die situasie by die Assen-polisiestasie, wat meestal die boeregemeenskap sowat 60 km noord van Brits bedien.
Resep: Prof TT Cloete se gunsteling – Ewwie se beesstert
Prof TT Cloete het verlede jaar sy gunstelingresep met Maroela Media se lesers gedeel. Sy versorger, Eveleen (Ewwie) Mvala, maak glo dié besonderse beesstert. Dié geliefde en bekroonde digter is Woensdagoggend in die ouderdom van 91 oorlede en daarom deel Maroela Media graag weer hierdie resep.
Luister: Jou kultuurkoerant vir 30 Julie tot 5 Augustus
Dit is weer tyd vir ons weeklikse kultuurkoerant met Charlie Smidt van die FAK. Luister na die podsending op alles te hoor oor die week se musiekvertoning, sangers se optredes naby jou en die bekendstelling van ‘n nuwe Afrikaanse radiostasie.
Vanjaar dalk rekordjaar vir groot aardbewings
Met Julie amper op sy rug en ’n paar groot aardbewings wat “stil-stil” die afgelope paar dae voorgekom het, is 2015 op koers om een van die jare te wees wat die meeste aardbewings met ’n telling van 7 op die momentmagnitudeskaal kan oplewer.
Man kritiek ná rooftog by luukse Pretoria-hotel
ʼn Man is in ʼn kritieke toestand nadat hy Woensdagaand buite ‘n luukse hotel in Pretoria tydens ʼn gewapende rooftog geskiet is.
Resensie: Êrens in die middel van nêrens – Elvis Blue
Elvis Blue het vorendag gekom met een van die heel beste Afrikaanse albums tot dusver vanjaar en ’n mens sal nog daarna kan luister.
TT Cloete: ‘Ons eer sy nagedagtenis’
Die afsterwe van prof. TT Cloete (91) laat nie net ʼn leemte in die gemeenskap van Potchefstroom en veral die universiteit nie, maar ook in die literêre lewe van Afrikaans.
MH370: Vliegtuig se wrak dalk gevind
Vlug MH370 het op 8 Maart 2014 met 239 mense aan boord verdwyn.